Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Geselshoekie"

1 186 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
→‎Sciëntologie: 'n vinnige antwoord tydens middagete
(→‎Sciëntologie: 'n vinnige antwoord tydens middagete)
 
:::En ek haal myself aan uit die e-pos: "Ek gaan my springmielies voorberei vir hierdie "lekker gesprek" vanaand. Dit gaan in 'n groot botsing met die hoofouter van hierdie artikel ontaard. Onthou maar net die botsing rondom die artikel [[R2-45]]. Let op die besprekingsbladsy van hierdie artikel: [[Bespreking:Sciëntologie]]. Aan die einde van die dag gaan die Afrikaanse Wikipedia waarskynlik weer sonder hierdie BAIE belangrike outeur sit, wat nog 'n groot verlies vir dié taalprojek gaan wees. Ons het al 'n tekort aan skrywers. Maak maar 'n mooi plan hoe jy hierdie saak wil hanteer. Wat is meer belangrik, hierdie artikel of 'n baie aktiewe outeur wat al sedert 15 jaar op die Afrikaanse Wikipedia betrokke is en al baie gedoen het? Ek waarsku maar net, want ek weet presies wat gaan gebeur! Ekself is al sedert 12 jaar op die Afrikaanse Wikipedia betrokke en ek ken die mening van dié skrywer rondom hierdie saak baie goed." Groete. -- [[Lêer:Flag of South Africa.svg|20px]] [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 08:50, 15 Julie 2020 (UTC)
::::[[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]], ek het pas my email deurgesoek, en ek het geen so iets gekry nie. Is jy seker jy't dit na davidrichfield@gmail.com gestuur? --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 10:18, 15 Julie 2020 (UTC)
 
::::Die vraag is of ons met wetenskaplik verantwoorde artikels wil voortgaan of met twak op sensasiepersvlak. Moet gevalle van kindermolestering in die Rooms-Katolieke Kerk in die inleidende artikel oor hierdie organisasie genoem en bespreek word? Hoekom nie enkele spotprente oor profeet X op die betrokke taalprojekte plaas? Amerikaanse wetenskaplikes kan op 'n neutrale manier oor die tematiek debatteer, maar tog nie sensasiepers-gepeupel nie. Dit is ook opvallend dat die anti-Sciëntologiese histerie buitensporig raak in lande met anti-Amerikaanse strominge - Rusland, Frankryk, Duitsland. As ek nie van die kerk hou nie, hoef ek nie lid daarvan te word nie. Ek hoef tog nie soos 'n geestesverstoorde twak vir ander lesers te versprei nie. [[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 09:36, 15 Julie 2020 (UTC)
 
:::::As ’n leek oor die onderwerp dink ek nie een van die artikels is vreeslik neutraal nie. Ek ervaar die Duitse artikel as uiters negatief, veral die laaste helfte. Daar is ook ’n heeltemal te groot klem op Duitsland. In die oorspronklike artikel is daar dikwels die gebruik van "beweer", "na bewering" en "volgens sy eie beskrywing". Tog word geen werklike kritiek genoem nie en word kritiek afgemaak as "sensasiegedrewe" en "inakkuraat". Dit alles in ag genome: Ek dink nie dis aanvaarbaar dat ’n hele langerige artikel geskrap en oorgeskryf word sonder oorlegpleging met die res van die gemeenskap nie. Ek sal graag wil sien dat die oorspronklike artikel behou word, met die byvoeging van ’n klein deel van die kritiek in die Duitse artikel – verkieslik wêreldwye kritiek en nie beperk tot Duitsland nie. [[Gebruiker:Burgert_Behr|~ <span style="font-family: Segoe Print; font-size: 10.5pt">Burgert</span>]] [[Gebruikerbespreking:Burgert Behr|<span style="font-family: Segoe Print; font-size: 10.5pt">(kontak)</span>]] 09:39, 15 Julie 2020 (UTC)
 
::::::Ek stem saam dat die Duitse artikel te veel klem op die situasie in Duitsland lê, en daar kan geredeneer word oor hoeveel aandag aan die kritiek gegee moet word. Die artikel in sy huidige toestand is egter heeltemal eensydig en onvolledig. My standpunt is dat [[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] wel 'n ongelooflike bydrae aan die Afrikaanse Wikipedia lewer, maar nie in staat is om objektief oor sciëntologie te skryf nie. Enige kritiek van sciëntologie word as haatspraak uitgekryt, wat presies die houding van die kerk is. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 10:18, 15 Julie 2020 (UTC)
 
::::::Alle gelowe is twak en bedrog. Die kortste moontlike samevatting van kritiek is al bygevoeg. Net soos wetenskaplik verantwoorde publikasies met bronvermelding. Net kritiek van wetenskaplikes mag genoem word - om die genoemde redes. En die belangrikste feit ontbreek nog: Daar is tienduisende aanhangers wat gelukkig en tevrede is as Kerklede. Hulle word nie eers gevra deur al die arrogante assholes nie. As iemand anders nie daarvan hou nie, is dit nog geen ensiklopediese onderwerp nie. Die Amerikaanse Grondwet en Wetgewer beskerm geloofsvryheid en erken nie-winsgewende status aan religieuse organisasies toe wat aan bepaalde kriteria voldoen. Die inhoud van geloofsbelydenisse word nie beoordeel of goedgekeur nie. Dit is tydverspilling om ander se gelowe te bevraagteken. Hoekom begryp buitelanders dit nie? Ons kan in die eerste sin van die artikel oor Suid-Afrika ook vermeld het dat President Trump dit as "shithole" beskryf het. Hoekom doen ons dit nie? Omdat dit nie hier saak maak nie. [[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 09:46, 15 Julie 2020 (UTC)
 
:::::::Ek sal Voyageur se aanwesigheid op die Afrikaanse Wikipedia altyd bo 'n vertaling van 'n enkele artikel uit die Duitse Wikipedia verkies. Ek was destyds by die inwyding in die Otto-Suhr-Allee in Berlyn, toe Sciëntologie sy kerk daar geopen het. Ek het dit sonder enige skade oorleef. Duitsland is sedertdien ook nie bekeer nie. Baie sensasie rondom niks nie. Groete. -- [[Lêer:Flag of South Africa.svg|20px]]&nbsp;[[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 10:00, 15 Julie 2020 (UTC)
 
::::::::Ek stem saam dat ons nie so 'n uitstekende outeur wil verloor nie, en ek is absoluut bereid om met die gemeenskap hier te werk om die artikel op minder dramatiese wyses te verbeter! --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 10:18, 15 Julie 2020 (UTC)
 
:::::::LOL! Inderdaad. Ek sou onnodige, ongevraagde en oningeligte kritiek op omstrede gelowe werklik in projekte los waar ander profete as Hubbard vereer word en die getal beledigdes miljarde beloop en nie net enkele tienduisend nie. Vir die maksimum-effek daarvan. Per spotprent of so. Slashme word dan naas 'n gebruikersnaam ook 'n uitnodiging - vir radikale aanhangers wat heel anders op kritiek reageer as Sciëntoloë. [[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 10:05, 15 Julie 2020 (UTC)
1 080

wysigings