Verskil tussen weergawes van "Sciëntologie"

k
(Skakels, taal)
Etiket: 2017-bronwysiging
Hubbard het die Kerk van Sciëntologie (''Church of Scientology'') as 'n handelsmerk laat registreer en in Februarie 1954 die eerste filiaal in Kalifornië gestig (''Church of Scientology of California'').<ref>Willms (2005), bl. 74</ref> Hubbard het die sciëntologiese geloofstelsel vervolgens verder uitgebou met kosmologiese en metafisiese elemente, die religieuse ideologie stelselmatig ontwikkel en 'n hiërargiese organisasiestruktuur aan die beweging gegee.<ref>Gusfield, Joseph R.: ''Review of "The Road To Total Freedom" by Roy Wallis''. In: ''Sociology'' (1979) 13 (1): 157-159, bl. 158. Aanlyn beskikbaar: [http://soc.sagepub.com/cgi/reprint/13/1/157 ''soc.sagepub.com'']</ref>
 
In die periode tot 1967 het Hubbard van sy Kerk van Sciëntologie die eksklusiewe verteenwoordiger van Sciëntologie as 'n religieuse filosofie gemaak en naas die VSA ook in oorsese lande soos die Verenigde Koninkryk, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en die destydse Rhodesië gevestig.<ref>Willms (2005), bl. 75</ref> In die laat 1960's het die uitbreiding van SciëentologieSciëntologie sy voorlopige hoogtepunt bereik.<ref>Willms (2005), bl. 76</ref>
 
In die volgende dekade het dié groei begin verstadig; in die Deense hoofstad [[Kopenhagen]] is 'n filiaal vir kontinentale Europa gestig, terwyl die Kerk van Sciëntologie ook probeer het om meer aanhangers in Skandinawië, Duitsland en die Benelux-lande te wen.<ref>Willms 2005), bl. 77</ref> Terwyl die aantal filiale 'n stewige groei getoon het (in die Verenigde State en in die Verenigde Koninkryk is in die periode tussen 1971 en 1977 honderd sendingstasies geopen, en 'n verdere dertig het in kontinentale Europa ontstaan),<ref>Townsend, Eric: ''The Sad Tale of Scientology: A Short History 1950–1985''. Stockport: Anima Publishing 1985, bl. 49)</ref> het Hubbard se ''Sea Organization'', wat in 1967 gestig is en tot die magsentrum van Sciëntologie ontwikkel het, steeds verder wegbeweeg van die basis van ander sciëntologiese organisasies.<ref>Willms (2005), bl. 79</ref> Die ''Sea Organization'' was tot 1975 op 'n skip in die [[Stille Oseaan]] gesetel. Tegelykertyd het Hubbard se leierstyl steeds meer outokraties geword.<ref>Willms (2005), bl. 79</ref> 'n Aantal leidende lede van die Kerk van Sciëntologie het die organisasie en Hubbard se leierstyl uiteindelik as té outoritêr beskou en van die kerk weggebreek om vanaf 1982 onafhanklike groepe, waaronder die "Vrye Sone" (''Free Zone''), te stig.<ref>Chagnon, Robert: ''Religion et santé: le cas de l'Église de Scientologie''. In: ''Social Compass'' (1987) 34 (4): 495-507, bl. 504 Aanlyn beskikbaar: [http://scp.sagepub.com/cgi/content/abstract/34/4/495?ck=nck ''scp.sagepub.com'']</ref> Tussen 1982 en 1984 het 'n groter aantal lede die kerk verlaat.<ref>Willms (2005), bl. 80</ref>