Verskil tussen weergawes van "Gebruikerbespreking:Suidpunt"

 
* Jy lees die kommentaar van gratis Afrikaanse nuuswebwerwe (al getuig dit van mense sonder 'n druppel selfrespek).[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 21:00, 23 Julie 2020 (UTC)
 
::Baie dankie vir die blomme. Dis amper alles reg, 11/12 vir jou.
::* Ek het wél met ander Afrikaanssprekendes van aangesig tot aangesig gepraat, veral 2018 in Kaapstad, maar ook 2016 in Berlyn met Voyageur en Oesjaar, hoewel my Afrikaans op daardie punt baie sleg was. 2018 was my Afrikaans reeds baie beter as my Engels, en selfs beter as dié van die een of ander Uber-bestuurder.
::* Nouja, sal jy ''Bart Nel'' as 'n roman erken? Ek onthou veral een sin uit dié boek: "Die Engelse het dit nog altyd reggekry" (met die verdeling van die Afrikaners). Om eerlik te wees hou ek min van romans, onafhanklik van die taal. Ek het basies nie die tyd nie. Ek skryf liewers selfs, veral hier. Die enigste dik boeke wat ek amper volledig deurgelees het was daai ''Harry Potter''-reeks in Duits, toe die boeke een-een verskyn het.
::*Ek het al die een of ander Afrikaanse fliek gekyk, waaronder [[Orkney Snork Nie]] (1 & 2), [[Boetie gaan border toe!]], [[Grensbasis 13]] en selfs die een of ander episode van [[Sewende Laan]], maar dieselfde probleem.
::*Doodreg, RSG loop heeldag en ek is lief vir hulle. Dis veral interessant as hulle nuus uit Duitsland het. Maar ek doen dit ook vir Suid-Afrikaanse nuus en veral die sportsoorte wat in Duitsland te min mense ken.
::*Ek is eintlik te lui of te lief vir Afrikaans om nog 'n taal aan te leer. Ek sal my Nederlands kan verbeter, as ek tyd het. Maar in die verlede het ek ook oorweeg om met Spaans of Persies te begin. Vir albei het ek moedertaalsprekers by der hand. Maar dit het tot op hede nie gebeur nie. Frans lyk ook aantreklik en met die Duits-Franse televisiestasie, waarvan Voyageur ook baie hou, het ek ten minste 'n hulpmiddel by der hand. Ek bly naby die grens met Pole, maar ag nee, dié taal is veels te moeilik! Russies het ek ook opgegee, jare gelede het ek nog ietsie op die Russiese Wikipedia gedoen, maar somer só opgehou.
::*Die laaste punt herinner my aan Facebook. Dit word net meer en meer die asblik van die hele wêreld. Almal gooi daar op en ontlas hulself. Ek het ook 'n rekening op fb, maar my belangstelling het skerp gedaal.
::*Ek waag maar vir die dag wanneer die wêreld weer amper normaal is en ons daar in Berlyn weer kan gesels. Daar het al mooi artikels soos [[Vlag van Israel]], [[Chanoeka]], [[Poerim]], [[Pesach]], [[Sjawoe'ot]] en [[Soekot]] ontstaan. Ek het 'n baie diep insig in [[Judaïsme]] gekry, waarvoor ek baie dankbaar is!
::*Slotsom, ek is nog hier, want ''Unkraut vergeht nicht'' of beter gesê ''Gekommen um zu Bleiben''. Ek kan nie sonder Afrikaans nie. Dié koeël is deur die kerk. (Waar kom die gesegde vandaan? Dit vra ons, ek en die Jood in Berlyn, al sedert jare.) Aan die einde van die dag moet ook iemand die sport doen. ;)
::*"Die Springbokke kan hom pirser". Enkele sekondes gelede weer op RSG gehoor. Ek verstaan wat hy sê, maar ek kry nie die laaste woord nie.
::*Kyk maar by die onlangse [[Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad]], jy sal twee nuwe voorbladsterre bykry. As ek nuwes bykry, is dit net billik as ander mense ook beloon word. :) Groete. -- [[Lêer:Flag of South Africa.svg|20px]] [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 21:40, 24 Julie 2020 (UTC)