Verskil tussen weergawes van "Groot-Zimbabwe"

8 984 grepe bygevoeg ,  8 maande gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.)
'''Groot-Zimbabwe''' ([[Engels]]: ''Great Zimbabwe'', [[Shona (taal)|Shona]]: ''Masvingo eZimbabwe'') is 'n ruïnestad, sowat 39&nbsp;km suidoos van [[Masvingo]] af en in die [[Masvingo (provinsie)|gelyknamige provinsie]] in [[Zimbabwe]] geleë. Die nedersetting op die gelyknamige plato het as hoofstad van die koninkryk van Zimbabwe gedien, wat langs Zimbabwe ook groot dele van [[Mosambiek]] beheer het. Groot-Zimbabwe het tydens sy bloeitydperk vanaf die 11de tot middel van die 15de eeu 'n bevolking van sowat 18&nbsp;000 gehad, is deur die monarge van Zimbabwe as koninklike paleis gebruik en was die politiese magsentrum. Die rykdom van die [[metropool]] was gebaseer op [[bees]]te, [[goud]]-verhaling en handel. Getuienis van die geestelike sentrum is die Zimbabwe-voëls uit [[seepsteen]]. Die aanleg is die grootste voor-koloniale steenbou in [[Afrika suid van die Sahara]] en een van die oudste.<ref>{{cite web |url=https://www.britannica.com/place/Great-Zimbabwe |title=Great Zimbabwe |publisher=[[Encyclopædia Britannica]] |access-date=24 Desember 2016 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20200414054340/https://www.britannica.com/place/Great-Zimbabwe |archive-date=14 April 2020 |url-status=live |df=dmy-all}}</ref>
 
Die stad was reeds verlate en verval,vervalle toe Europeërs vir die eerste keer in die 16de eeu op die stad afgekom het. Verkeerdelik is dit vir 'n lang tyd as die tuiste van die koningin van Skeba geïnterpreteer, maar die resultate van die argeologiese navorsing weerlê hierdie tesis. Die oorsprongstyd word in die laat [[Ystertydperk]] gedateer, wat in die streek ooreenstem met die 11de eeu.
 
Die groot strukture is deur die Shona-voorvaders gebou. Die klipstad strek oor ʼn area van 7,22 vierkante meter. Onder die groot strukture se mees prominente kenmerke was die mure, waarvan sommige meer as vyf meter hoog was. Dit is sonder messelkalk gebou. .
 
Die vroegste bekende geskrewe aantekening van die Groot-Zimbabwiese reünes was in 1531 deur Vicente Pegado, kaptein van die Portugese garnisoen van Sofala, langs die kus van die hedendaagse Mosambiek. Hy het dit as ''Symbaoe'' opgeteken. Die eerste bevestigde besoek deur Europeërs was laat in die 19de eeu, met ondersoeke na die terrein wat in 1871 begin het. Later was studies van die monument kontroversieël in die argeologiese wêreld, met politieke druk wat deur die regering van Rhodesië op argeoloë geplaas is om te ontken dat dit deur inheemse Afrikane gebou is. Groot-Zimbabwe is intussen as nasionale monument deur die Zimbabwiese regering erken en die moderne onafhanklike staat is daarna vernoem. Die woord “groot” onderskei die terrein van die honderde kleiner reünes wat oor die Zimbabwiese hoëveld versprei is. Daar is 200 sulke terreine in suider-Afrika, soos Bumbuse in Zimbabwe en Manyikeni in Mosambiek, met monumentale mure sonder messelkalk gebou. Groot-Zimbabwe is die grootste van hierdie terreine.
 
Die Groot-Zimbabwe Nasionale Monument is in 1986 deur [[Unesco]] as [[wêrelderfenisgebied]] gelys.
 
== Naam ==
Zimbabwe is die [[Shona (taal)|Shona]]-naam vir die reünes, soos eerste in 1531 deur Vicente Pegado opgeteken. Pegado het opgemerk dat “die inboorlinge van die land hierdie strukture Symbaoe noem, wat in hul taal ‘hof’ beteken.”
 
Die naam bevat ‘dzimba’, die Shona-term vir ‘huise’. Daar is twee teorieë oor die etimologie van die naam. Die eerste stel voor dat die woord van ‘Dzimba-dza-mabwe’ afkomstig is, vertaal vanuit die Karanga-dialek van Shona as “groot kliphuise”. ʼn Tweede teorie sê dat Zimbabwe se naam uit ‘dzimba-hwe’ gevorm is, wat in die Zezuru-dialek van Shona “geëerde huise” beteken, soos gewoonlik na die huise of grafte van hoofmanne verwys is.
 
== Nedersetting ==
[[Lêer:Great-zim-aerial-looking-West.JPG|duimnael]]
Die meeste akademici glo dat dit deur lede van die Gokomere-kultuur gebou is. Hulle is die voorvaders van die moderne Shona van Zimbabwe.
 
Die Groot-Zimbabwe-nedersetting is teen die vierde eeu gevestig. Tussen die vierde en sewende eeue, het gemeenskappe van die Gokomere- of Ziwa-kulture die vallei getem. Hulle het gemyn en yster bewerk, maar geen klipstrukture gebou nie. Hierdie is die vroegste Ystertydnedersetting in die area wat deur argeologiese opgrawings geïdentifiseer is.
 
== Konstruksie en groei ==
Konstruksie aan die klipstrukture dateer uit die 11de eeu en het vir meer as 300 jaar voortgeduur. Die reünes by Groot-Zimbabwe is van die oudste en grootste strukture in suider-Afrika en is die tweede oudste naas Mapungubwe in Suid-Afrika. Die mees formidabele struktuur, waarna daar algeneem as die Groot Kamp verwys word, so mure is tot 11 meter hoog oor ʼn afstand van sowat 250 meter, wat dit die grootste antieke struktuur suid van die Saharawoestyn maak. David Beach glo dat die stad en sy state, die Koninkryk van Zimbabwe, van 1200 tot 1500 gefloreer het, hoewel ʼn ietwat vroeër datum vir sy heengaan geïmpliseer word deur ʼn beskyrwing in dei vroeë 1500s deur  João de Barros. Sy groei is in verband gebring met die agteruitgang van Mapungubwe vanaf die 1300’s, danksy klimaatsverandering, of die groter beskikbaarheid van goud in die hinterland van Groot-Zimbabwe.
[[Lêer:Great inclosure - Great Zimbabwe (15).jpg|duimnael|Groot Kamp]]
Volgens tradisionele skattings het Groot-Zimbabwe tot 18 000 inwoners tydens sy bloetyd gehad. Maar ʼn meer onlangse opname het bevind dat die bevolking waarskynlik nooit meer as 10 000 was nie. Die reünes wat nog bestaan is heeltemal van klip gebou en strek oor 730 hektaar.
 
== Kenmerke van die reünes ==
In 1531 het Vicente Pegado Zimbabwe as volg beskryf:
 
“By die goudmyne van binnelandse vlaktes tussen die Limpopo- en Zambeziriviere is daar ʼn enorme fort van klip gebou, en dit blyk dat geen messelkalk dit aanmekaar bind nie. Hierdie struktuur is byna deur heuwels omring, waarop nog strukture soortgelyk aan hierdie een staan en een daarvan is ʼn toring meer as 22 meter hoog. Die inheemse mense van die land noem hierdie strukture Symbaoe, wat in hul taal ‘hof’ beteken.”
 
Die reünes vorm drie verskillende argitektoniese groepe. Dit staan as die Heuwelkompleks, die Valleikompleks en die Groot Kamp bekend. Die Heuwelkompleks is die oudste en is van die negende tot die dertiende eeue bewoon. Die Groot Kamp is van die dertiende tot die vyftiende eeue bewoon en die Valleikompleks van die veertiende tot sestiende eeue. Noemenswaardige kenmerke van die Heuwelkompleks sluit die Oostelike Kamp in, waarin die Zimbabwe-voëls glo gestaan het, asook ʼn hoë balkon-kamp wat oor die Oostelike Kamp uitkyk en ʼn reusagtige rots in ʼn soortgelyke vorm as die Zimbabwe-voël. Die Groot Kamp bestaan uit ʼn binnemuur wat ʼn reeks strukture omring, en ʼn jonger buitemuur. Die Keëlvormige Toring, 5,5 meter in diameter en 9 meter hoog, is tussen die twee mure gebou. Die Valleikompleks is in die Bo- en Ondervallereünes verdeel, met verskillende periodes van bewoning.
[[Lêer:Great Zimbabwe 8.jpg|duimnael]]
Daar is verskillende argeologiese interpretasies van hierdie groeperings. Een moontlikheid is dat die komplekse die werk van opeenvolgende konings verteenwoordig: sommige van die nuwe heersers het ʼn nuwe woning gebou. Die fokus van mag het van die Heuwelkompleks in die twaalfde eeu na die Groot Kamp, die Bo-Vallei en eindelike die Ondervallei verskuif in die vroeë sestiende eeu. Die alternatiewe “strukturalistiese” interpretasie hou vol dat die verskillende komplekse verskillende funksies gehad het: die Heuwelkompleks was ʼn tempel, die Valleikompleks was vir die inwoners en die Groot Kamp was deur die koning gebruik. Strukture wat meer uitgebreid was, is waarskynlik vir die konings gebou, hoewel daar ʼn argument is dat die datering van opgrawings in die komplekse nie hierdie interpretasie steun nie.
 
== Koninklike artefakte ==
[[Lêer:Soapstone birds on pedestals.jpg|duimnael]]
Die belangrikste artefakte wat by die monument gevind is, is die agt Zimbabwe-voëls. Dit is uit mikahoudende seepsteen gekerf, aan die bopunt van monoliete die hoogte van ʼn mens. Gleuwe in ʼn platform by die Oostelike Kamp van die Heuwelkompleks blyk ontwerp te wees om die monoliete met die Zimbabwe-voëls te hou, maar aangesien dit nie by hul oorspronklike plek gevind is nie, kan daar nie bepaal word watter monoliet en voël waar was nie. Ander artefakte sluit in seepsteenfiguurtjies, pottebakkersartikels, ysterklokke, ivoorartikels, koperware, brons spiespunte, ystergietblokke en smeltkroese, en goue krale, armbande, halssnoere en skede.Glaskrale en porselein van China en Persië, onder ander buitelandse artefakte, is ook gevind en getuig van die internasionale handelsbande van die koninkryk. Deel van die uitgebreide klipreünes van die groot stad, wat vandag steeds staan, is die agt monolitiese voëls wat uit seepsteen gekerf is. Daar word geglo dat dit die bateleurarend verteenwoordig – ʼn goeie omen, beskermende gees en boodskapper van die gode in die Shona-kultuur.
 
== Handel ==
Argeologiese bewyse stel voor dat Groot-Zimbabwe ʼn handelsentrum geword het, met artefakte wat daarop dui dat die stad deel van ʼn handelsnetwerk gevorm het wat aan Kilwa gekoppel word en tot so ver as [[China]] gestrek het. Kopermunte wat by Kilwa Kisiwani gevind is blyk van dieselfde suiwer erts te wees wat op die [[Swahili]]-kus gevind is. Hierdie internasionale handel was hoofsaaklik in goud en ivoor; sommige skattings dui aan dat meer as 20 miljoen onse goud uit die grond ontgin is. Internasionale handel was bykomend tot die plaaslike landbouhandel, waarbinne vee veral belangrik was. Die groot veetroppe wat aan die stad voorsien het, het seisoenaal getrek en is deur die hof bestuur. Chinese potskerwe, Arabiese munte, glaskrale en ander uitheemse items is by Zimbabwe gevind. Ten spyte van hierdie sterk internasionale handelsbande, is daar geen bewyse dat argitektoniese konsepte tussen Groot-Zimbabwe en sentra soos Kilwa geruil is nie.
 
== Agteruitgang ==
Moontlike oorsake vir die agteruitgang en eindelike verlating van die terrein om en by 1450 sluit ʼn afname in handel in vergelyking met terreine verder noord in, asook die uitputting van die goudmyne, politieke destabiliteit, en hongersnood en watertekorte wat deur klimaatsverandering veroorsaak is. Die Mutapa-staat het in die vyftiende eeu ontstaan uit die noordwaartse uitbreiding van die Groot Zimbabwe-tradisie. Dit ios deur Nyatsimba Mutota van Groot-Zimbabwe gestig nadat hy gestuur is om nuwe soutbronne in die noorde te gaan soek. Hierdie teorie ondersteun die oortuiging dat Groot-Zimbabwe se kwyning deur ʼn tekort aan hulpbronne veroorsaak is. Groot Zimbabwe was die voorganger van die Khami- en Nyanga-kulture.
 
== Galery ==
430

wysigings