Verskil tussen weergawes van "Joseph Smith"

448 grepe bygevoeg ,  2 maande gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
In 2016 is die verseëlde protokolle van die Raad van Vyftig (''Council of Fifty''), 'n geheime organisasie wat in die lente van 1844 deur Joseph Smith gestig is, deur die Kerk van Jesus van Christus van die Heiliges van die Laaste Dae vir navorsers toeganklik gemaak. Die dokumente gooi lig op 'n moeilike fase in Joseph Smith se lewe toe hy onder die indruk verkeer het dat die jong Amerikaanse demokrasie, destyds nog 'n ongewone eksperiment wat twee dekades later een van sy grootste beproewings in die [[Amerikaanse Burgeroorlog]] sou ervaar, moontlik bedreig sou wees - die nasionale ramp van 'n burgeroorlog is deur Smith voorspel.
 
Smith was van plan om self kandidaat te staan in 'n presidensiële verkiesing en om 'n utopiese model van 'n samelewing te verwesenlik. Die Raad van Vyftig het 'n alternatiewe grondwet saamgestel en 'n teokratiese regeringstelsel oorweeg. Tegelykertyd is die afskaffing van slawerny voorgestel.<ref>[https://www.newyorker.com/magazine/2020/03/30/how-joseph-smith-and-the-early-mormons-challenged-american-democracy ''The New Yorker, 30 Maart 2020: How Joseph Smith and the Early Mormons Challenged Democracy. Besoek op 31 Julie 2020'']</ref> Die gebeure, waarna as ''Kingdom of Nauvoo'' verwys word, word deur Benjamin E. Park in sy monografie ''Kingdom of Nauvoo: The Rise and Fall of a Religious Empire on the American Frontier'' behandel wat op 17 Maart 2020 gepubliseer is.
 
Met die groot trek van setlaars na Utah het die Kerk van Jesus Christus van die Heilige van die Laaste Dae 'n tyd lank as utopies-teokratiese samelewing bestaan voordat dit met gevestigde strukture en binne die politieke raamwerk van Utah as nuwe deelstaat by die Unie aangesluit en as belangrike religieus-kulturele stroming, wie se aanhangers dikwels as Amerikaners met modelkarakter beskryf word, deel van die Amerikaanse hoofstroom geword het.
Die gebeure, waarna as ''Kingdom of Nauvoo'' verwys word, word deur Benjamin E. Park in sy monografie ''Kingdom of Nauvoo: The Rise and Fall of a Religious Empire on the American Frontier'' behandel wat op 17 Maart 2020 gepubliseer is.
 
== Verwysings ==