Verskil tussen weergawes van "Gebruikerbespreking:Suidpunt"

 
:Ek ervaar die volgende: die taalskakels aan die linkerbalk word aangepas volgens jou leesgewoontes. Dit is eintlik ongevraagd, maar daar wil-wil 'n soort logika daaragter steek. Waarom sal jy 'n teks in Teloegoe lees wat op die lys van 310 Wikipedias is as jy byvoorbeeld net Germaanse of Romaanse tale lees? Aan die ander kant wil dit lyk of die blad wat die meeste deur verskillende IP-adresse besoek word die meeste aandag kry en dus op jou lysie ook verskyn. Ek het wel al uitgeteken en aangeteken en die tale bly by 'n spesifieke blad dieselfde. Lees ek egter doelbewus 'n blad van die Latynse Wikipedia, dan verskyn Latyn op my keusebalk. Dis vir my baie "mogge troffe" [mag dit tref].[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 18:09, 31 Julie 2020 (UTC)
 
::Ek stel veral daarin belang watter artikels in ander tale reeds bestaan en dan kyk ek veral vir die sterretjies in goud en silwer. Dis hoekom ek daai stelsel baie vinnig weer afgeskakel het. Ek het al agtergekom dat in die Finse Wikipedia amper elke liewe land 'n óf lesenswaardige óf uitstekende (voorbladartikel) is. Blykbaar benoem hulle artikels wat die nodigste inligting bevat vir hierdie kategorieë. Ek besoek ook graag nuwe taalweergawes en kyk hoe dit en die taal selfs lyk. Groete. -- [[Lêer:Flag of South Africa.svg|20px]] [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 21:45, 2 Augustus 2020 (UTC)