Verskil tussen weergawes van "Sciëntologie"

k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
== Openbare mening en persepsie ==
[[Lêer:Rollerblading Anonymous members in San Francisco protesting the Church of Scientology.jpg|duimnael|[[Anonymous (kollektief)|Anonymous]]-ondersteuner in [[San Francisco]] betoog teen Sciëntologie se beweerde homofobie. L. Ron Hubbard se seun Quentin is in 1976 onder verdagte omstandighede dood aangetref, die selfmoordteorie nooit bewese nie (amptelike dokumente beperk hulle tot ''possible suicide''). Gay kerklidmate ontken diskriminasie oor seksuele oriëntasie]]
Navorsers wys daarop dat die verhouding tussen L. Ron Hubbard se literêre werke op die gebied van wetenskapsfiksie en die geloofsbeginsels en -praktyke van Sciëntologie in populêre media (en die populêre kultuur in die algemeen) in 'n sterk vereenvoudigde vorm uitgebeeld word (en soms as ''UFO cult'' beskryf - waarby die terme ''cult'' en ''kultus'' sedert die tragiese massaselfmoord van aanhangers van Jim Joners se ''People's Temple'' in 1978 in Jonestown, [[Guyana]] 'n uiters negatiewe konnotasie het<ref>J.B. (John Ben) Haws: ''The Mormon Image in the American Mind. Fifty Years of Public Perception''. New York, NY: Oxford University Press 2013, bl. 191</ref>): ''A number of popular culture products have rather crudely taken elements of Hubbard's science fiction inspired narratives and oversimplified the connections between them and Scientology's beliefs and practices.''<ref>Stephen A. Kent and Susan Raine (reds.): ''Scientology in Popular Culture. Influences and Struggles for Legitimicy''. Santa Barbara, California • Denver, Colorado: Praeger 2017, bl. viii</ref> ''Cult wars'' tussen beweerde aanhangers en teenstanders van die Kerk van Sciëntologie vind onder meer op internet-platforme soos Wikipedia en YouTube plaas.
 
Vanuit die Kerk se netwerke is kritiese gedeeltes uit Wikipedia-artikels verwyder, terwyl 'n groep teenstanders negatiewe inhoud bygevoeg het waarin hulle slegs na mekaar se eie publikasies as bronmateriaal verwys het. Albei groepe is in 2009 uit die Engelsmedium-projek van Wikipedia verban.<ref>[https://www.computerwoche.de/a/wikipedia-schliesst-scientology-autoren-aus,1897303 ''Computerwoche, 29 Mei 2009: Manipulationsvorwürfe: Wikipedia schließt Scientology-Autoren aus. Besoek op 15 Julie 2020'']</ref> IP-adresse, wat as deel van Sciëntologie se eie netwerke geïdentifiseer is, is deur die Wikimedia-stigting summier geblokkeer, net soos skakels tot aanlyn-publikasies. Aan enkle bydraers met 'n sodanige IP-adres word nogtans die kans gegee om haar-/homself te registreer en volgens die vasgestelde beleid by te dra. Omvattende inligting word egter buite die projek in 'n eie wiki, ''Scientolipedia'', verskaf wat deur vrywilligers saamgestel word.