Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Geselshoekie"

:Jy slaan die spyker op sy kop! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 21:16, 7 Augustus 2020 (UTC)
::Mense wat Afrikaans verpes sal ons net kan teister as ons ensiklopedie van die boonste rakke is. As ons artikels net van 'n lae gehalte is, hoor ek hulle net lag. Groete. -- [[Lêer:Flag of South Africa.svg|20px]] [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 21:25, 7 Augustus 2020 (UTC)
 
Dankie vir die insette. Dankie ook dat julle met my in kontak tree. Ek sien dat ek die etiket oortree en sal graag met Ossewa wil gesels om minder golwe te maak. Hoe kontak ek vir hom? Die Afrikaanse Wikipedia-projek is vir my verskriklik belangrik. My kinders begin nou die internet gebruik en dit is vir my belangrik dat hulle in Afrikaans op ´n bree spektrum naslaanwerk sal kan doen op Wikipedia. Ek het 30 jaar in die Duits en Franssprekende buiteland gebly en my Afrikaans het gevolglik ´n "Duitse inslag". Ek het in die begin die Wikipedia-vertalingsfunksie gebruik maar sedert meer as ´n jaar is al die kort artikels en bydraes my "eie Afrikaans". Ek het gevolglik opgehou om self lang vertaalde artikels te plaas en het op lyste en kort artikels gefokus. Indien moontlik (ek weet nie hoe nie), sal ek graag van my eerste artikels wil afhaal en erens hou totdat ek iemand kan kry om die taalversorging te doen. Hoe doen ek dit? Ek het tans so 300-400 artikels op Word wat vir ´n taalversorger wag voordat hulle geplaas kan word. Die kommentaar dat die mense "onbelangrik" is wil ek graag terugwys. Almal is indiwidue wat ´n groot bydrae gemaak het tot die geskiedenis van die mensdom. Ek stem met van die kommentaar ooreen dat akteurs en sportslui net in uitsonderlike gevalle ingesluit behoort te word (en very ek hulle dus). Die name wat ek in die geboorte en sterftelyste ingesluit is, is die vernaamste indiwidue op dieselfde artikels van die Duitse, Franse, Nederlandse, Sweedse, Deense en Norweegse Wikipedias. Vername en bekende mense wat in die kunste, politiek, wetenskap en ekonomie groot invloed gehad het. Baie van hulle is in die "Engelse wereld" (Suid-Afrika is deel daarvan) onbekend omdat die Engelse wereld hoofsaaklik net op die Engelse wereld fokuseer. Miskien moet ek die logika agter my bydraes verduidelik. In my besigheid het ek geleer dat as ´n mens groot volumes wil hanteer, dat dit altyd help om ´n raamwerk te bou en daarna die raakwerk in te vul. Sal dit aanvaarbaar wees as ek eers die lyste voltooi en die "rooi" skakels vir eers ongedaan maak totdat ek artikel oor die spesifieke persoon geskryf het? .
 
== [[N.P. van Wyk Louw]] ==
2 215

wysigings