Verskil tussen weergawes van "Wêreldbank"

9 grepe verwyder ,  5 maande gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:Logo van die Wêreldbank.png|duimnael|Logo van die Wêreldbank]]
[[Lêer:World Bank building at Washington.jpg|duimnael|Hoofkwartier van die Wêreldbank in [[Washington, D.C.]], [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]]]]
[[Lêer:JimDavid YongMaplass Kimofficial World Economic Forum 2013photo.jpg|duimnael|upright|Wêreldbank-president Jim YongDavid KimMalpass]]
 
Die '''Wêreldbank''' ([[Engels]]: ''World Bank'') is die wêreld se grootste instelling vir ontwikkelingsamewerking en is op [[27 Desember]] [[1945]] gestig. Die instelling verskaf lenings aan ontwikkelende lande en middelinkomste-lande, met die bestryding van armoede as hoofdoel. Hierdie internasionale bank is tegnies gesproke 'n gespesialiseerde organisasie van die [[Verenigde Nasies]]. Die finansiële steun wat deur die Wêreldbank verleen word, word vir verskeie doeleindes aangewend, van strukturele hervormings van 'n land se gesondheids- en onderwyssektor, tot omgewings- en infrastruktuurprobleme soos by damme, paaie en nasionale parke. Die bank stel egter streng eise aan sy kliënte: sogenaamde "strukturele aanpassings" word vereis, soos antikorrupsiemaatreëls en privatisering van regeringsdienste.