Racheltjie

Aangesluit op 3 Desember 2019
k
Redusering van inligting.
No edit summary
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf Gevorderde mobiele wysiging
k (Redusering van inligting.)
Etikette: Vervanging 2017-bronwysiging
 
Hallo, my gebruikersnaam is Racheltjie (soos in “de Beer”)
 
Ek is ’n afgetrede Interieurontwerper met 'n belangstelling in ontwerp, kuns en geskiedenis.
Hoewel ek reeds ‘n paar jaar gelede op Wikipedia met enkele Afrikaanse vertalings begin het, onder my regte naam, Jeanne (of Jeanne-Marie) Lombard, het ek teen die einde van 2019 weer met groter erns (en met Racheltjie as nuwe skuilnaam)begin bydraes lewer.
 
Ek is ’n afgetrede Interieurontwerper (meer omvattend as ‘n Binneversierder), wat graag ‘n bydrae tot die Afrikaanse Wikipedia wil maak. Ek het ondervinding in sowel die akademiese omgewing as die privaatsektor. Afrikaans is my moedertaal en ek geniet dit om myself daarin uit te druk. Gedurende my professionele lewe het ek myself egter meestal in ‘n Engelstalige opset bevind. Ek het onder andere heelwat kurrikulumontwikkeling gedoen, gedoseer,tydskrifartikels geskryf en kreatiewe voorleggings vir projekte saamgestel en uitgevoer.
 
Binne die Interieurontwerp-vakgebied het ek veral ‘n groot liefde en belangstelling in ontwerp en kuns deur die eeue - insluitend meubels, interieurs, argitektuur, kleredrag, nutsvoorwerpe en alle soorte kuns. Daarby aansluitend is enige algemene agtergrondgeskiedenis van enige tydperk altyd vir my geweldig belangrik en interessant omdat dit altyd die kuns en ontwerp van die gegewe tydperk vorm.
 
Ek geniet dit om te reis, veral in Europa, sowel as verskeie Afrika-lande. Dit is pret om artikels van besienswaardighede wat ek self gesien het in Afrikaans te vertaal. Soms vertaal ek sommer lawwe onderwerpe wat my laat glimlag.
 
Ongelukkig is ek nog baie onbeholpe met verskeie tegniese aspekte van die vertalings en hoop ek dat dit mettertyd sal verbeter.
 
Kort nadat ek weer aktief geraak het op Wikipedia het ek meestal van bogenoemde inligting op hierdie bladsy aangebied. Ek het dit egter later verwyder omdat ek bang was dat dit grens aan ‘n bloginskrywing, wat volgens Wiki-standaarde skynbaar nie aanvaarbaar is nie. Weens onlangse kontraversie rakende my identiteit en verwantskap met ander persone of instansies het ek gevoel dat ek tog die nodigste biografiese inligting moet voorsien. Ek wil beklemtoon dat ek geen betaling ontvang vir enige bydraes nie en dat ek hoegenaamd nie vir enige organisasie werk of saam met enige organisasie werk nie.
125

wysigings