Verskil tussen weergawes van "Digitale fotografie"

No edit summary
 
 
== Geskiedenis ==
Die eerste verbyvlugbeelde van Mars is uit die [[Mariner 4]]-ruimtetuig geneem op 15 Julie 1965 met 'n kamera wat deur NASA/JPL ontwerp is. Dit het 'n videokamerabuis gebruik, gevolg deur 'n Digitizer, eerder as 'n mosaïek van vastetoestand sensorelemente, so dit was nie wat ons gewoonlik definieer as 'n digitale kamera nie, maar dit het 'n digitale beeld gestoor op band vir latere stadige oordrag terug na die aarde.
 
Die eerste aangetekende poging in die bou van 'n digitale kamera was in 1975 deur Steven Sasson, 'n ingenieur by Eastman Kodak. Dit gebruik die destydse nuwe vastetoestand CCD- (ladinggekoppelde toestel, 'n hoëspoed-halfgeleier) beeldsensorskyfies deur Fairchild Semiconductor ontwikkel in 1973. Die kamera wat 3,6 kg geweeg het, het swart-en-wit beelde op 'n kassetband gestoor. Dit het 'n resolusie van 0,01 megapieksels (10 000 pieksels), en het 23 sekondes benodig om die eerste beeld te vas te lê in Desember 1975. Dit was 'n prototipekamera vir 'n tegniese oefening en nie bedoel vir enige produksie nie.