Verskil tussen weergawes van "Lae Lande"

4 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Skakel
(Verbeter)
(Skakel)
 
Die vervaardiging en handel in wolmateriaal was besonder belangrik vir die stede, Europa se eerste nywerheid. Stede wat deur die handel gegroei het sluit in [[Brugge]], Damme, Sluis, [[Ieper]], [[Gent]], [[Luik (stad)|Luik]], [[Leuven]], [[Mechelen]], [[Antwerpen (stad)|Antwerpen]], [[Brussel]], en [[Utrecht, stad in Nederland|Utrecht]].
 
In [[1477]] het die Boergondiese besittings in die gebied, die Boergondiese Nederlande, deur 'n erfgenaam [[Maria van Boergondië]] na die Habsburgers oorgegaan. In die eeu daarna het die "Lae Lande" rofweg ooreengekom met die Sewentien Provinsies wat onder die Pragmatieke Sanksie van 1549 van die Heilige Romeinse Keiser [[Karel V]] die provinsies vrygestel het van hulle argaïese feodale verpligtinge. Na die Sewentien Provinsies hulle onafhanklikheid van Habsburgs Spanje verklaar het is die provinsies van die Suidelike Nederlande herower (1581) en word dit soms die Spaanse Nederlande genoem.
 
In [[1713]], onder die Vrede van Utrecht na die Spaanse Opvolgingsoorlog, is die deel van die Spaanse Nederlande wat oorgebly het aan [[Oostenryk]] oorgedra en het dit dus die Oostenrykse Nederlande geword. Die [[Verenigde Koninkryk der Nederlanden]] ([[1815]]-[[1830]]) het die Lae Lande vir 'n kort rukkie weer verenig.