Verskil tussen weergawes van "Gian Lorenzo Bernini"

Verbeter
(Verbeter)
}}
 
'''Gian Lorenzo Bernini''' ([[Italiaans]]: [ˈdʒan loˈrɛntso berˈniːni]; 7 Desember 1598 – 28 November 1680) was een van die eerste asook die vernaamste verteenwoordigers van die [[Barok]], 'n styl wat aan die einde van die 16de eeu in Rome ontstaan het en die Europese kuns tot omstreeks 1750 gedomineer het. As [[Argitektuur|argitek]], [[beeldhouBeeldhoukuns|beeldhouer]]er, [[Skilderkuns|skilder]] en dekorontwerper was hy gedurende sy lewe hoofsaaklik in opdrag van die [[pous]]e in [[Rome]] werksaam.
 
Gian Lorenzo Bernini is op 7 Desember 1598 in [[Napels]] gebore. Sy vader, Pietro Bernini (1562–1629), wat ook sy eerste leermeester was, het in 1605 na [[Rome]] verhuis, waar Bernini tot met sy dood gebly het. Sy vader het hom ook in aanraking met die kardinaal Scipione Borghese gebring, van wie hy sy eerste opdrag ontvang het. Die opdrag het 'n groep marmerbeelde behels waaraan hy van 1615 tot 1623 gewerk het. In dié groep beelde het Bernini hom aanvanklik aangesluit by die sestiende-eeuse styl van Michelangelo en Giovanni da Bologna, maar geleidelik het hy sy eie styl ontwikkel.