Verskil tussen weergawes van "Joseph Smith"

37 grepe bygevoeg ,  1 maand gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
[[Lêer:Joseph Smith, Jr. portrait owned by Joseph Smith III.jpg|duimnael|Joseph Smith, Jr.]]
 
'''Joseph Smith, Jr.''' (* [[23 Desember]] [[1805]] in Sharon, Windsor County, [[Vermont]]; † [[27 Junie]] [[1844]] in Carthage, [[Illinois]]) was die stigter van die [[Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae]], 'n wêreldkerk en godsdienstige stroming wat ook as [[Mormonisme]] bekend staan. Smith, die seun van 'n boer wat ook as onderwyser werksaam was, het min formele opleiding geniet, maar was hoogs intelligent en het sy hele lewe lank sy kennis en vaardighede met geesdrif vermeerder. Hy was 'n bibliofiel wat saam met 'n tutor [[Hebreeus]] gestudeer het. Een van die bekendste aforismes in sy kanonieke werke is ''The glory of God is intelligence, or, in other words, light and truth'' (''Doctrine & Covenant'' 93:36).<ref>Richard N. Ostling and Joan K. Ostling: ''Mormon America. The Power and the Promise''. First edition. New York, NY: Harper One/Harper Collins 2007, bl. 228</ref>
 
In die 1830's en 1840's het Smith 'n beduidende invloed op die religieuse, kulturele en politieke lewe in die [[Verenigde State]] uitgeoefen. Sy erfenis word bewaar deur die Kerk wat hy gestig het - die grootste ooit wat sy oorsprong in die VSA het.