Verskil tussen weergawes van "Tomsk"

17 grepe bygevoeg ,  8 maande gelede
k
Interne skakel
k (Robot wysig: Koördinaatwys --> Koördinate)
k (Interne skakel)
 
[[Lêer:Kazan church in Tomsk.jpg|duimnael|links|Ons Dame van Kazan-[[Kerk (gebou)|kerk]] in Tomsk]]
[[Lêer:Белая мечеть Томск.jpg|duimnael|links|Die Wit [[Moskee]] in Tomsk]]
Tomsk is sowat 3 500 km oos van [[Moskou]] en 60 km van die [[Tom (rivier)|Tomrivier]] se monding in die [[Ob]] geleë. Die stad is in 1604 op beveel van tsaar [[Boris Godoenof]] as vesting vir [[Kosakke]] teen aanvallende [[Kirgisiërs]] gestig en het in 1782 stadstatus ontvang. Met die bou van die Siberiese roete het die stad 'n sterk ekonomiese groei ervaar en 'n belangrike handelsentrum vir Siberië geword. In 1804 het Tomsk die hoofstad van die gelyknamige goewerment binne die [[Russiese Keiserryk]] geword, wat oor groot dele van Wes-Siberië gestrek het. Omtrent 1840 het die ontdekking van [[goud]] 'n sterk bevolkingsgroei aan Tomsk besorg. In 1880 is die eerste Siberiese universiteit en 1896 die Tegniese Instituut gestig, waardeur Tomsk die "Siberiese [[Athene]]" geword het.
 
Met die bou van die [[Transsiberiese Spoorlyn]] het Tomsk egter aan belangrikheid verloor, omdat die spoorlyn sowat 250 km verder suid die Obrivier kruis. Uit hierdie destyds onbeduidende plek sou later die metropool [[Nowosibirsk]] ontwikkel. Nowosibirsk het Tomsk aansluitend aan belangrikheid oorvleuel en na die [[Oktoberrewolusie]] die hoofstad van die [[Nowosibirsk-oblast]] geword, en Tomsk 'n stad binne hierdie oblast. Tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] het sowat 30 fabrieke na Tomsk vertrek, wat aan die stad nuwe belangrikheid gegee het. Aansluitend is in 1944 die Tomsk-oblast gestig, met Tomsk as hoofstad. Tydens die [[Koue Oorlog]] was Tomsk 'n geslote stad en toegang vir buitelanders verbode. In 1970 het Tomsk die titel as ''historiese stad'' ontvang en tydens die [[Perestroika]] is buitelanders weer toegelaat. In 2004 wou die stad sy 400ste verjaarsdag vier, maar die geleentheid is deur die [[Beslanskool-gyselaardrama]] oorskadu en uiteindelik gekanselleer.
28 121

wysigings