Verskil tussen weergawes van "Eriekanaal"

8 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
kNo edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
kNo edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:Rochester NY Broad Street Bridge 2002.jpeg|duimnael|Die Eriekanaal in Rochester, New York]]
[[Lêer:Erie Canal (2).jpg|duimnael|Die [[plesierboot]] ''Grand Caribe'' op die Eriekanaal]]
Die '''Eriekanaal''' is 'n [[kanaal]] van 584&nbsp;km in die [[Verenigde State|Amerikaanse]] deelstaat [[New York (deelstaat)|New York]]. Dit verbind die [[Eriemeer]] met die [[Hudsonrivier]]. Die kanaal is 46&nbsp;m wyd en 3.6m diep. Daar is altesaam 34 kanaalsluise in die kanaal. Konstruksie het begin op 4 Julie 1817 en die kanaal is voltooi op 26 Oktober 1825.<ref>''Collier's Encyclopedia'', Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 9, bl. 290</ref> Die kanaal, wat vir die jong Amerikaanse republiek 'n groot tegnologiese prestasie was wat in 1825 met trots aan die eerste staatsgas (''Nation's Guest'') en veteraan van die Onafhanklikheidsoorlog in diens van generaal George Washington, die Franse Markies de Lafayette, as laaste groot hoogtepunt van sy toer deur alle 24 destydse deelstate vertoon is, is die oudste bestaande vervoerstelsel in Noord-Amerika wat tot vandag toe ononderbroke in bedryf is.
 
Die Eriekanaal, wat teen 'n koste van $7 miljoen gebou is, maak deel uit van die New York-kanaalstelsel (''New York State Canal System'', vroeër bekend as die ''New York State Barge Canal''), 'n mensgemaakte waterroete wat in oos-westelike rigting deur die deelstaat loop. Die kanaal was oorspronklik 584 km (363 myl) lank en het die Hudsonrivier in [[Albany, New York|Albany]] met die Eriemeer in [[Buffalo, New York|Buffalo]] verbind. Met sy voltooing was daar 'n bevaarbare waterweg vir die vervoer van passasiers en goedere tussen die metropool [[New York]] en die Atlantiese Oseaan in die ooste van die deelstaat en die Groot Meregebied in die weste.