Verskil tussen weergawes van "Eriekanaal"

427 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
 
 
Meer as 32&nbsp;000 ton se verwerkte goedere soos meubels, naels, yster, staal en eetgerei is in die omgekeerde rigting, vanuit Albany na Buffalo, vervoer. In 1845 het vragbote op die Eriekanaal meer as een miljoen ton se goedere vervoer. Tolgelde was 'n belangrike inkomste vir die deelstaat New York. Binne 'n dekade is die boukoste vergoed. Toe die tolgeldtariewe in 1846 vir die eerste keer in gedrukte vorm gepubliseer is, het bootvervoer op die kanaal reeds 'n indrukweekkende omvang bereik - die getal vragbote het van sowat 170 in 1826 tot 4&nbsp;000 gestyg. Altesaam 25&nbsp;000 werksgeleenthede is op bote en langs die kanaal geskep.<ref>Janey Levy (2003), bl. 30–31</ref>
 
Nedersettings langs die Eriekanaal het gefloreer - so het die bevolking van Utica binne twee dekades van 3&nbsp;000 tot 13&nbsp;000 gestyg. Syracuse, wat nog in 1826 'n klein gehuggie met enkele houtgeboue was, het in 1840 11&nbsp;000 siele getel. Buffalo, in 1812 nog 'n onbenullige plek in die wildernis met 200 inwoners, was in 1840 'n besige hawe met 'n bevolking van 18&nbsp;000.<ref>Janey Levy (2003), bl. 30–31</ref>
 
=== Vervanging van die historiese trekpadkanaal ===