Verskil tussen weergawes van "Marnus Labuschagne"

Nadat Labuschagne net een keer vir ''Queensland Academy'' gespeel het, maak hy sy eersterangse krieketdebuut in die eerste ronde van die 2014–15 Sheffield Shield-seisoen teen Suid-Australië op die [[Adelaide Oval]]. Hy het die kolfbeurt geopen saam met Joe Burns, en 83 lopies in Queensland se eerste beurt aangeteken, met 'n vennootskap van 99 lopies om die vierde paaltjie saam met Nick Stevens. <ref>[https://www.espncricinfo.com/series/8043/report/754885/south-australia-vs-queensland-sheffield-shield-2014-15 Stevens ton revives Bulls after Sayers hat-trick], CricInfo, 31 Oktober 2014. Geraadpleeg op 4 Januarie 2020.</ref> Later in die 2014-2015 seisoen is Labuschagne as plaasvervanger vir die Australiese nasionale krieketspan ingespan tydens die tweede toets teen Indie op [[The Gabba-krieketveld|die Gabba]], waartydens hy 'n lae vangkans op kortbeen benut het.
 
Labuschagne het in Oktober 2015 sy A-lys debuut vir Queensland gemaak in die 2015-2016 Matador BBQs Eendagbeker en sy eerste eersterangse honderdtal in die daaropvolgende maand geslaan met 112 lopies in sy agtste Sheffield Shield-wedstryd. <ref name=ca11sep18/> Hy het 273 lopies aangeteken teen 'n kolfgemiddeld van 45 tydens die 2016–2017 seisoen van die Matador BBQs Eendagbeker, en is aangewys as speler van die toernooi. <ref name=ca11sep18/>
 
In September 2017, tydens 'n JLT Eendagbeker-wedstryd tussen Queensland en die elftal van Krieket Australië, word hy die eerste veldwerker om gestraf te word op grond van die pas bekendgestelde krieketwet wat ontwerp is om te verhoed dat veldwerkers kolwers mislei. Labuschagne het geduik om 'n bal aan te keer, en alhoewel hy nie die bal kon keer nie, het hy gemaak asof hy die bal na die paaltjiewagter gooi. Sy span is met vyf lopies gestraf. <ref name=fake1>{{cite web|url=https://www.espncricinfo.com/series/8626/report/1118571/western-australia-vs-new-south-wales-3rd-match-jlt-one-day-cup-2017-18 |date=21 Augustus 2017 |accessdate=29 September 2017 |title=Labuschagne penalised under new 'fake fielding' rule |publisher=CricInfo}}</ref><ref name=fake2>{{cite web|last1=Burnett |first1=Adam| url=http://www.cricket.com.au/news/matthew-renshaw-marnus-labuschagne-fake-fielding-video-queensland-jlt-one-day-cup-five-penalty-runs/2017-09-29 |date=21 Augustus 2017 |accessdate=29 September 2017 |title=Renshaw endorses new 'fake fielding' rule |publisher=Cricket Australia}}</ref>
9 801

wysigings