Verskil tussen weergawes van "Reggio Emilia"

Geen grootteverandering nie ,  1 jaar gelede
k
Interne skakel
kNo edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
k (Interne skakel)
Etiket: 2017-bronwysiging
'''Reggio Emilia''' (of '''Reggio nell'Emilia''') is 'n stad in die [[Italië|Italiaanse]] streek [[Emilia-Romagna]] en hoofstad van die provinsie ''Reggio nell'Emilia''. Die stad beskik oor 163.928 inwoners.
 
Die stad in die [[Povlakte]] is van Romeinse oorsprong. Dit is in 175 [[175 v.C.]] opgerig onder die naam ''Regium Lepidi'', en is vernoem na die oprigter daarvan, Marcus Emilius Lepidus. Die naam ''Reggio'' was vir eeue lank in gebruik gewees tot die unifikasie van [[Italië]], sonder toevoeging van ''nell'Emilia''. Om verwarring te voorkom met die stad ''Reggio'' in [[Calabria]] is die stad hernoem na ''Reggio nell'Emilia''.
 
Die historiese binnestad is oorwegend middeleeus. Die ''Piazza Camillo Prampolini'' is die hart van die stad; hier staan onder meer die domkerk en die ''Palazzo Comunale''. Die Cispadaanse Republiek word in 1797 in die gebou uitgeroep. Daar is ook 'n vlag vir die nuwe republiek gekies: groen, wit en rooi, die huidige nasionale vlag van [[Italië]]. 'n Ander belangrike monument is die basiliek ''San Prospero'' met sy karakteristieke agthoekige toring. Die belangrikste weg is die historiese ''Via Emilia'' wat die stad van wes na oos deurkruis.
30 985

wysigings