Verskil tussen weergawes van "Barok"

125 grepe verwyder ,  2 maande gelede
trs
k (corr using AWB)
(trs)
 
Die '''Barok''' was 'n kunssinnige stylperiode wat gewild was van die einde van die 16de eeu tot aan die begin van die [[18de eeu]]. Barok het sy oorsprong in [[Italië]] gehad en het die destydse argitektuur, tuinargitektuur, skilderkuns, beeldhoukuns, letterkunde en musiek beïnvloed. Die woord "barok" is van die Portugese woord ''barroco'' afkomstig, wat "onreëlmatig gevormde pêrel" beteken. Daar word onderskei tussen die vroeë, hoë en laat-Barokbarok. Die Barokstylperiodebarokstylperiode is retrospektief benoem waarby die term self oorspronklik 'n pejoratiewe betekenis gehad het.<ref>''Visuele Kunste Graad 12 Leerderboek''. Mowbray: Future Managers 2013, bl. 20</ref>
 
Die gewildheid en sukses van die Barokstyl was deur die [[Rooms-Katolieke Kerk]] aangemoedig, wat van mening was dat die kunste ook godsdienstige temas in direkte en emosionele betrokkenheid moet oordra. Die aristokrate het Barokstyl as 'n kans gesien om besoekers te beïndruk en hul mag en beheer te versinnebeeld. Barokpaleise is voorsien van luisterryke howe en weelderige ontvangskamers.
[[Lêer:Monteverdi-Ritorno.png|duimnael|Monteverdi se Ritorno]]
 
Met Barok word die styl aangedui van [[Beeldende kunste|beeldende kuns]], [[Letterkunde|literatuur]], en [[musiek]] in 'n periode wat ruweg van die einde van die [[16de eeu|16e eeu]] tot die eerste helfte van die [[18de eeu|18e eeu]] geduur het. Die Barokbarok het sy ontstaan in [[Italië]] gehad en vinnig oor die res van [[Europa]] versprei.
 
Die styl het 'n sterk religieuse inslag en word gekenmerk deur 'n strewe na grootse swier verhewenheid, eenheid en ewewigtigheid in die kunswerke.
 
Beroemde kunstenaars soos Bernini, Rubens, Rembrandt, Velazquez, Cervantes, [[Monteverdi]] en [[Johann Sebastian Bach|Bach]] word as verteenwoordigers van die Barokbarok gereken. Die term barok word ook nog in sy oorspronklike betekenis, dit wil sê "oordrewe geornamenteer" gebruik vir oordadig versierde kunswerke uit ander stylperiodes.
 
== Algemeen ==
 
==== Musiek ====
[[Lêer:Bach.jpg|duimnael|Johann Sebastian Bach  (61 jaar oud) was een van die Barok tydperkbaroktydperk se voorste komponiste]]
Die musikale Barok begin aan die einde van die 16e eeu met die jong [[Gabrieli]] en [[Monteverdi]] en eindig by Händel en [[Johann Sebastian Bach|J. S. Bach]] in die helfte van die 18e eeu. Die vernaamste kenmerke is die ontwikkeling van die monodie (begeleide eenstemmige sang) wat die opkoms van die solis en die ontwikkeling van die opera tot gevolg gehad het, asook die ontstaan van die konsert \lit die ''stile concertato'' waarin kore, ensembles en soliste teenoor mekaar geplaas was. Die oordadige versierings word ook in die musiek gebruik, waar die ''stile concertato'' in 'n aantal oratoria en misse monumentale afmetings aanneem.
 
=== Boukuns ===
'n Verdere kenmerk is die strewe na eenwording van die verskillende kunsvorme. Hierdeur dra die boukuns, skilderkuns, beeldhoukuns en kunsnywerheid by tot die ontstaan van één kunswerk wat sterk tot die verbeelding spreek.
 
Die ontwerpe is oor die algemeen swaarder en hoogdrawender as in die voorafgaande Renaissance-tydperk, terwyl die oordadige versierings die werklike argitektoniese vorm soms totaaloorheers. Behalwe in Italië, die geboortepiek, van die Barok, word die Barokboukunsbarokboukuns ook in [[Suid-Duitsland]], [[Oostenryk]], [[Spanje]], [[Portugal]] en in [[Latyns-Amerika]] aangetref.
 
==== Italië ====
Die vroeë Barokboukunsbarokboukuns het gedurende die eerste helfte van die 17e eeu in Rome ontstaan. Tydens Paulus V se bewind (1605-1621) het Carlo Maderna met die afwerking van die St. Pieterskerk voortgegaan (1606-1626). Hy het 'n skip en 'n gewei by die koepel, wat Michelangelo in die Renaissance-periode gebou het, gevoeg. In die gewel is die half-suile verdubbel, 'n tipiese Baroktemabaroktema wat destyds baie gewild was.
 
Die bekendste [[Argitektuur|argitekte]] was Gian Lorenzo Bernini (1598-1680) en Francesco Borromini (1599-1667). Borromini het onder andere die St. Carlino alle [[Ouattro Fontane]] (1638-1641 en 1665-1667) en die St. Ivodella Sapienza (1642-1660), albei in [[Rome]], gebou. Beide is kleinerige kerke met beweeglike plattegrond. So het die San Carlino byvoorbeeld 'n golwende gewei, en die rustige binneversiering word deur wit en goud oorheers. Die uitbundige binneversiering van kerke waarmee die Barok oor die algemeen geassosieer word, dateer eintlik uit 'n latere fase van die Barok.
[[Lêer:Cornaro chapel in Santa Maria della Vittoria in Rome HDR.jpg|duimnael|Cornaro-kapel in Santa Maria]]
'n Uitsondering is Bernini se [[Cornaro-kapel]] in die St. Maria della Vittoria in Rome, waar daar reeds in 1646 'n barok-kombinasie geskep is met gekleurde ligte en donker marmer, dramatiese beelde en goud. Bernini, wat ook skilder en by uitstek beeldhouer was, het vir baie jare aan die interieur van die St. Pieterskerk gewerk en het ook die St. Andrea al Quirinale (Rome) (1658-1760), 'n kerk met 'n tipiese ovaal Barokgrondplan, gebou.
 
Nog 'n bekende argitek uit dié tyd was Carlo Rainaldi (1611-1691) wat onder andere die St. Agnese op die Piazza Navona in Rome (in 1652 begin) gebou het. Hierdie kerk het 'n gewei met twee torings en is deur Borromini voltooi. Aan die einde van die 17e eeu is talle Barokgebouebarokgeboue in Noord-Italië opgerig, onder andere deur die argitek Guarino Guarini (1624-1683). Hy was ook die ontwerper van die Palazzo Carignano in Turyn (1679), 'n paleis met golwende mure van baksteen, wat in dié tyd baie ongewoon in Italië was.
 
==== Spanje en Portugal. ====
In [[Spanje]] en [[Portugal]] het 'n uiters dekoratiewe variasie van die Barok ontstaan na aanleiding van [[José de Churriguera]] (1655-1725) se ontwerpe, wat dan ook die Churriguereske-styl genoem word. 'n Voorbeeld hiervan is die sakristie van die Kaarthuisklooster in Granada (1727-1764).
 
==== Duitsland en Oostenryk ====
Aan die einde van die 17e eeu en in die eerste helfte van die 18e eeu het 'n aantal argitekte 'n speelse en ligter Barokargitektuur ontwerp wat moeilik van die Rokoko onderskei kan word. Hoewel die maatskaplike belangstelling van geestelikes en adellikes aan die taan was, is daar steeds talle kloosters en paleise gebou.
 
Die belangrikste argitekte in Oostenryk was Johann Bernhard [[Fischer von Erlach]] (1656-1723) en Johann [[Lukas von Hildebrandt]] (1668-1745). Die grondplan van die '''Karlskerk''' in '''WenenWene''' (1716-1737), ontwerp deur Fischer von Erlach, gaan duidelik terug op die grondplanne van Bernini en Rainaldi, maar die indeling is speelser en swieriger. Hildebrandt het onder andere die twee [[Belvedere-paleise]] in Wenen gebou (1714-1724). Die Barokpaleisebarokpaleise in Duitsland en Oostenryk is voorsien van wye trappe, soos gesien kan word in die woning van die prins-biskop in Würzburg gebou volgens 'n ontwerp van Johann [[Balthaser Neumann]] (1687-1753).
 
Ook die groot trappehuis van die biskop se paleis in Bruchsal in Karlsruhe (1730) is deur Neumann ontwerp. Enige tyd vergelykbaar met die Barokpaleisebarokpaleise is die Barokkloostersbarokkloosters, waarvan 'n belangrike voorbeeld die klooster in Melk aan die Donau is. Dit is ontwerp deur [[Jacob Prandtauer]] (1660-1726) en die bouwerk is in 1702 begin. Die kompleks bestaan uit 'n groot kerk met 'n golwende gewei en twee torings. Aan weerskante van die kerk is 'n kloostergebou.
 
Die twee borersbroers [[Cosmas Damian Asam]] (1686-1739) en [[Egid Quirin Asam]] (1692-1750) uit Suid-Duitsland se werk verdien ook vermelding. In Rome is hulle deur Bernini se werke beïnvloed en hulle het 'n paar toneelagtige skeppinge ontwerp waarin die bouwerk, beeldhouwerke en skilderye 'n eenheid vorm, soos in die private kerk van Egid Quirin en die Johann Nepomuk-kerk in München (1733-1750).
 
==== Latyns-Amerika ====
 
==== Frankryk ====
Hoewel Frankryk die toon aangegee het ten opsigte van die grondplanne van Barokpaleisebarokpaleise in Duitsland en Oostenryk, kan die groot voorbeeld, Versailles, nie sonder meer as 'n Barokgeboubarokgebou bes kou word nie. Die paleis van Versailies, asook ander 17e-eeuse geboue in Frankryk, word gekenmerk deur 'n streng ontwerp wat eerder Klassisisties is. 'n Uitsondering in dié opsig, vanweë sy beweeglike kontoere, is die [[St. Louis des Invalides]] in Parys (1675- 1706), wat na 'n ontwerp deur Jules Hardouin Mansart gebou is.
 
==== Engeland ====
In Engeland is daar weinig voorbeelde van die Barokboukunsbarokboukuns. Slegs die [[St. Paulus-katedraal]] in Londen (1675-1711) van Christopher Wren (1632-1723) kan tot die Barok gereken word.
 
''Nederland''
 
In die Nederlande het die Barokontwerpebarokontwerpe in die boukuns 182 hoofsaaklik tot die suide van '''België''' beperk gebly. Die opvallendste skeppinge is die Carolus Borromeuskerk in Antwerpen (1651-1621) deur '''Pieter Huyssens''', die agtkantige koepelkerk van Onze Lieve Vrouwe in Scherpenheuvel (in 1619 voltooi) van Wentzei Cobergher en die St. Michielskerk in Leuven (1650-1666) van Willem van Hees.
 
In die noorde van Nederland is daar min eg te Barokgeboue. Die beste voorbeeld is die Oostkerk in Middelburg (1657-1667), ontwerp deur Bartholomeus Drijfhout, Pieter Post en Arent van 's-Gravezande. Verder het daar in Nederland, soos ook in Frankryk, eerder 'n soort Klassisisme geheers wat byvoorbeeld gesien kan word in die beroemde werk van Jacob van Campen (1595-1657) se Paleis op die Dam in Amsterdam (begin in 1648), wat destyds as die stadshuis gebou is.
 
==== Italië ====
Die belangrikste beeldhouer van die hele Barokperiode was Gian Lorenzo Bernini (1598-1680). Sy vernaamste werke sluit 'n aantal fonteine in Rome in, waaronder dié op die Piazza Navona, die ''Baldachino'' in die St. Pieterskerk en die ''[[Visioen van die Heilige Theressa]]'' in die Cornaro-kapel in die St. Maria della Vittoria van die bekendste is. Bernini was ook 'n uitstekende portretskilder en gelukkig het daar talle van sy portrette en borsbeelde bewaar gebly. Die bekendste een vandag is die borsbeeld van Constanza Buonarelli (ca. 1635). Bernini se portret-borsbeelde is lewendiger as dié van sy Italiaanse voorgangers. Een van die minder bekende beeldhouers in dié tyd was Alessandro Aigardi (1594-1654) wat gedurende sy lewe as die beste beeldhouer naas Bernini beskou was.
 
==== Frankryk ====
Hoewel daar invloede van die Italiaanse Barokkuns in die Franse beeldhoukuns te bespeur is, is die komposisies gematigder, in ooreenstemming met die argitektuur. Die Franse beeldhoukuns word ook Klassisisme genoem. 'n Voorbeeld hiervan is die beeldegroep ''Apollo met nimfe'' van Franco is Girardon (1628-1715) in die tuine van Versailles. Weliswaar is die figure omhul in beweeglike Barokdraperings, maar die hele komposisie is meer oorwoë as wat in Italië die geval sou wees. Hierdie, en soortgelyke werke, is ontleen aan die werk van die Franse Klassisistiese skilder Poussin.
 
'n Jonger beeldhouer, wat ook werk vir die paleis van Versailles gelewer het, was [[Antoine Coisevoix]] (1640-1720). Hy het onder andere die marmer-reliëfs vir die sogenaamde [[Salon de Guerre]] gemaak en was deur sowel Bernini as Girardon beïnvloed.
 
==== Nederland ====
Ook in die Nederlande is 'n duidelike Italiaanse invloed waarneembaar. Die Suid-Nederlander Francois Duquesnoy (1594-1643) het lank in Rome gewerk. Daar het hy 'n beeld van die Apostel Andreas wat vir die St. Pieterskerk bestem was, gemaak.
 
'n Leerling van Duquesnoy in Rome, was die Suid-Nederlander [[Artus Ouellinus de Oude]] (1609-1668). Saam metsy neef Artus Ouellinus de Jonge lewer hy die binne- en buiteversierings van die huidige Paleis op die Dam in Amsterdam.
 
Aan dieselfde projek het nog 'n Suid-Nederlander, Rombout Verhuist (1624-1698) gewerk. Sowel Artus Quellinus de Oude as Rombout Verhuist het portretborsbeelde en grafmonumente gemaak. Die grafmonumente was uit swart en wit marmer gekap met 'n liggende figuur daarop wat die oorledene voorstel, omring deur wapens en blomkranse.
 
==== Duitsland ====
Die belangrikste Duitse Barokbeeldhouersbarokbeeldhouers is [[Andreas Schlüter]] (1660-1714) en [[Balthasar Permoser]] (1651-1732). Schlüteris deur sowel die Italiaanse Barok as die Franse Klassisisme beïnvloed. Hy het onder andere die groot brons-ruiterstandbeeld van die groot keurvors [[Friedrich Wilhelm Kolbe|Friedrich Wilhelm]] (1696-1700), wat voor die [[Charlottenburg-kasteel|Charlottenburg]]-paleis in Berlyn staan, gemaak.
 
Permoser het hom meer deur Bernini se werk laat beïnvloed. Hy het onder andere die werk aan die groot paleis in Dresden, die "Zwinger", verrig. Sy styl was meer in die trant van 'n ligte Rokoko as suiwer Barok.
Aan die einde van die 16e eeu het twee nuwe strominge op die voorgrond getree wat baie belangrik vir die ontwikkeling van die Barokskilderkuns sou word. Die een stroming was onder die leiding van Caravaggio en sy volgelinge, die ander is deur die Carracci-familie en hulle akademie gelei.
 
Beide het in die noorde van Italië gesetel. Caravaggio se skilderye - waarin realisme met motiewe ontleen aan die daaglikse lewe van die gewone man en spesiale fel, ''Barok'' lig/donker-kontraste kenmerkend was - oefen nie alleen 'n groot invloed op sy volgelinge uit nie, maar ook op Spaanse, Franse en Nederlandse skilders, soos [[Rembrandt van Rijn|Rembrandt]] en [[Velázquez]].
 
Die Carracci's kom bineerkombineer in hulle werke elemente van verskillende groot Renaissance-kunstenaars, soos Raphael, Correggio, [[Michelangelo]] en Titian. Aanvanklik het hulle in [[Bologna]] gewerk waar hulle aan die spits van 'n soort akademie gestaan het, maar 'n lid van die familie, Annibale, vestig hom daarna in Rome van waar hulle invloed verder vers prei.
 
[[Annibale Carracci]] se belangrikste werk is die plafonversierings in die Palazzo Farnese in Rome (1597-1604) wat "illusionisties" genoem word omdat die geskilderde figure en motiewe nie eg Iyk nie, maar 'n illusie skep. Een manier waarop hy dié effek bereik het, was om die figure aansienlik te verkort en deur 'n verwerking van die perspektief, wat die indruk laat dat die ruimte waarin die skildery hang, agter die uitbeelding verbyloop.
 
Die skerp verkorting van figure word later weer gevind by ander Barokkunstenaars wat Annibale Carracci nagevolg het, byvoorbeeld Guercino (bynaam van Gian Francesco Barbieri, 1591-1666) se plafonversierings in die Villa Ludovisi in Rome (1621-1623) en by Pietro da Cortona (1596-1669) se plafonversierings vir die Palazzo Berberini in Rome (1639). By albei sien 'n mens wye, hemelse panoramas wat nog telkemale tot ver in die 18e eeu nagevolg sou word.
De la Tour het ''vera l taferele'' by kerslig geskilder en Le Nain het dikwels die boerelewe as onderwerp gekies. Carracci se invloed is sigbaar in die werke van skilders wat die Franse variant van die Barok, die Klassisisme, verteenwoordig. Die belangrikste was Nicolas Poussin, (1593-1665) , skilder van mitologiese tafereie, en Claude Lorrain (1600- 1682), skilder van die sogenaamde ideale landskap. Poussin se werk was nie net vir die Klassisistiese kunstenaars van belang nie, maar ook vir die beeldhouers van die 17e eeu.
 
[[Phillipe de Champaigne]] (1602-1674) was ook 'n Franse Barokskilder. Hy was veral as portretskilder bekend en was ook 'n groot vriend van Poussin. Aanvanklik was sy skilderye baie hoogdrawend, maar later was dit meer ingetoë.
 
==== Nederland ====
[[Lêer:Rembrandt van Rijn 198.jpg|duimnael|Rembrandt van Rijn]]
In die Nederlande het 'n eiesoortige realisme geheers, hoewel daar tog tekens van Italiaanse invloede was. Veral in die werke van [[Petrus Paulus Rubens]] (1577-1640) , wat van 1606 tot 1608 in Italië gewoon het, was dit duidelik waarneembaar.
 
As 'n katoliek uit die Katolieke suide van Nederland, het hy baie opdragte van die Kerk ontvang en die beskerming geniet van 'n hele paar Katolieke vorste soos Karel I van Engeland, Maria de Médici , regentes van Frankryk, en die Spaanse Habsburgers.
Rubens verteenwoordig sowel in sy persoon - hy was diplomaat, intellektualis en skilder - as in sy veelsydige skilderkunswerke by uitstek die Baroktydperk. Soos wat Bernini as die doyen van die Barokbeeldhoukuns beskou word , so is Rubens die groot Barokskilder. Wêreldse praal en die vrugbare natuur oorheers die meeste van sy skilderye. Anthonie van Dyck (1599- 1641) was sy beroemdste volgeling. Hy het dieselfde virtuositeit as Rubens getoon , maar het tog na 'n eleganter afwerking geneig wat veral in sy portrette opmerklik is.
 
In die noordelike Nederlande was Rembrandt die grootste skilder. Dié gedeelte van Nederland was Protestants en groot religieuse werke soos dié van Rubens, het die Protestantse Rembrandt nie gelewer nie. Hoewel hy nie self in Italië was nie, was hy nietemin op die hoogte aangaande die nuutste ontwikkelings daar. Die portretkuns het 'n groot rol in sy werk gespeel. Portret, landskap, genre (tonele uit die daaglikse lewe) en stillewes was gelief in die Nederlandse burger milieu van die 17e eeu. In dié kategorieë was daar dan ook spesialiste van groot formaat, soos Frans Hals (1582-1666) vir portretskildering, [[Jan van Goyen]] (1596-1656) en Jacob Ruisdael (1628/ 29-1682) vir landskappe en Johannes Vermeer (1632-1675) en Jan Steen (1626-1679) vir die genre en [[Willem Kalft]] (1622-1693) vir die stilIewe.
 
==== Spanje ====
Soos Nederland, het ook Spanje gedurende die 17e eeu 'n bloeiperiode in die skilderkuns beleef. Realisme, met invloede van Caravaggio wat via Sevilla gekom het, karakteriseer die werke van Velázquez (1599-1660). Hy was die hofskilder van Filips IV van Spanje en het veral vir sy portrette van die koninklike familie en hulle omgewing beroemd geword. Ook via Valencia dring Italiaanse invloede deur tot die werke van [[Francisco Zurbarán]] (1598-1664) en [[Estéban Murillo]] (1617-1682).
 
==== Ander Europese lande ====
Engeland, Duitsland en Skandinawië het geen noemenswaardige skilders opgelewer nie. In Engeland het Rubens en Van Dyck groot aanhang geniet. Weens die Dertigjarige Oorlog was die klimaat vir kunstenaars in Duitsland te ongunstig om 'n bestaan kon maak. Slegs [[Adam Elsheimer]] (1578-1610). bewonder deur [[Rembrandt van Rijn|Rembrandt]] en Rubens, het 'n groot bydrae tot die ontwikkeling van die landskapskuns in die Nederlande gelewer.
 
=== Musiek ===
Sosiologies gesien beteken die nuwe styl die opkoms van die solis (later virtuoos), en die begin van 'n bewonderende publiek. Die publieke musiekteater is dus ook 'n uitvindsel van die Barok. Die eerste een is in 1637 in [[Venesië]] geopen.
 
'n Tweede kenmerk is die splitsing van die klankbron. Ook hierin het die Barok 'n ideaal van die 16e eeu verbreek, naamlik die homogene klank. Reeds in 1550 het die Nederlander [[Adriaan Willaert]] op die balkon van die Venesiaanse San Marcobasiliek twee kore teen oorteenoor mekaar gestel, 'n beginsel wat verder uitgewerk is deur onder andere Andrea en Giovanni Gabrieli. Hierdie konsertstyl sou enorme afmetings aanneem in 'n 52-stemmige mis van Orazio Benevoli (1628). Aanpassings hierop het tot die '' ''ontstaan van die konsert gelei.
 
Hoewel die nuwe styl aanvanklik alle kontrapunt verbied het, het dit vinnig weer op die toneel verskyn, bekend as "stile antico". Veral in die kerkmusiek word dié "antieke styl" weer ingebring om 'n toppunt in die werke van Johann Sebastian Bach te bereik.
86 051

wysigings