Verskil tussen weergawes van "Tweeling"

2 468 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
Wysigings deur 89.111.226.180 teruggerol na laaste weergawe deur Rooiratel
No edit summary
Etikette: Reverted Visuele teksverwerker Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
k (Wysigings deur 89.111.226.180 teruggerol na laaste weergawe deur Rooiratel)
Etiket: Terugrol
: ''Vir inligting oor die dorp in die Vrystaat, sien [[Tweeling, Vrystaat]]. Tweelinggeboortes gebeur in die meeste [[soogdier]]spesies. Hierdie artikel gaan oor menslike biologiese tweelinge. Om inligting te verkry oor tweeling- en meervoudige geboortes in ander diere, sien [[meervoudige geboorte]].''
 
[[Lêer:William-Adolphe Bouguereau (1825-1905) - Charity (1859).jpg|duimnael|''Tweelinge'' – Skildery deur [[William-Adolphe Bouguereau]] (1825–1905)]]
'n '''Tweeling''' is twee persone wat terselfdertyd ontwikkel het in 'n [[uterus]] tydens 'n enkele [[swangerskap]]. Hulle word gewoonlik, maar nie noodwendig nie, [[geboorte|gebore]] kort na mekaar. Omdat die menslike uterus net 'n beperkte grootte het, gebeur dit gewoonlik dat enige swangerskap met meer as een [[fetus]] nie die volle tyd loop nie. Tweelingswangerskappe duur meestal tot 36 weke.<ref>[http://www.ncbi.nlm.nih.gov/entrez/query.fcgi?cmd=Retrieve&db=PubMed&list_uids=10916561&dopt=Abstract]</ref>
 
Tweelinge en ander meerlinge (drielinge, vierlinge, ensovoorts) groei en ontwikkel gelyktydig in die baarmoeder, elkeen met sy/ haar eie plasenta en embrionale vliese en hulle word direk na mekaar gebore. 'n Tweeling is identies indien dit ontstaan deur die splitsing van een bevrugte eiersel; die kinders is dan identies wat hul erflike eienskappe betref. 'n Siamese tweeling ontstaan deur onvolledige skeiding van die eiersel en sodoende is die twee kinders aan mekaar vasgegroei.
 
'n Gewone tweeling ontstaan uit twee afsonderlik bevrugte eierselle. Hoe groter die getal kinders is, hoe moeiliker is die swangerskap en hoe laer is die kinders se kans op oorlewing. Terwyl dit by baie soogdiere heeltemal normaal is om by ʼn swangerskap meer as een vrug te hê wat ontwikkel, is meervoudige swangerskappe by die mens baie skaarser.
 
By slegs een uit 80 menslike swangerskappe is daar sprake van 'n tweelingswangerskap, een uit 802 (6 400) swangerskappe eindig in die geboorte van 'n drieling en een uit 803 (51 200) in die geboorte van 'n vierling. Oor die algemeen produseer die vrou tydens haar vrugbare leeftyd maandeliks een eiersel, waaruit na versmelting met 'n [[saadsel]] (sperm) 'n embrio ontwikkel. Hierdie [[embrio]] is met die moeder in verbinding deur middel van die [[plasenta]] (nageboorte) en besit twee embrionale vliese wat die embrio met sy amniotiese vloeistof omring. By tweelinge word daar 'n onderskeid getref tussen identiese tweelinge en nie-identiese tweelinge.
 
=== Nie-identiese tweelinge ===