Verskil tussen weergawes van "Moonraker (rolprent)"

skakel
k (Interne skakels)
Etiket: 2017-bronwysiging
(skakel)
 
| imdb_id = 0079574
}}
'''''Moonraker''''' is 'n [[Verenigde Koninkryk|Britse]] spioenasierolprent[[spioenasie]]rolprent - die elfde in die James Bond-reeks - wat in 1979 deur ''Eon Productions'' vervaardig is. [[Roger Moore]] het vir die vierde keer die hoofrol van die fiktiewe MI6-meesteragent [[James Bond]] vertolk. Lois Chiles, Michael Lonsdale, Corinne Cléry en [[Richard Kiel]] het ondersteunende rolle vertolk. ''Moonraker'' was die derde en laaste rolprent in die reeks waarvoor Lewis Gilbert (1920–2018) die regie behartig het. Gilbert word onthou vir die ironiese ondertoon asook die elegante en fantasievolle estetiek van sy Bond-rolprente.<ref>[http://www.007.com/focus-week-lewis-gilbert/ ''The Official James Bond 007 Website - Focus of the Week: Lewis Gilbert. Besoek op 9 Augustus 2018'']</ref>
[[Lêer:STS117TakeoffEdwardsSCA.jpg|duimnael|links|''Moonraker'' het in 1979 ontstaan, twee jaar voordat die eerste bemande Nasa-pendeltuig die ruimte ingeskiet is]]
Nog voordat Ian Fleming sy roman ''Moonraker'' in 1954 voltooi het, het hy die verfilming daarvan beplan. So baseer die rolprent op 'n draaiboek-manuskrip wat Fleming reeds vroeër geskryf het. Die vervaardigers was oorspronklik van plan om met die verfilming van ''For Your Eyes Only'' te begin, maar het in plaas daarvan ''Moonraker'' gekies - met die oog op die groeiende gewildheid van die [[wetenskapsfiksie]]genre in 'n tyd toe [[George Lucas]] se ''Star Wars'' groot internasionale sukses behaal het en [[Nasa|NASA]] se ruimtependeltuie 'n nuwe fase in die ruimtevaarttegnologie ingelui het.
Anonieme gebruiker