Verskil tussen weergawes van "Avalon (skiereiland)"

k
Beeld van Commons
k (Kaart van Commons)
k (Beeld van Commons)
[[Beeld:City of St. John's.jpg|thumb|right|250px|Die provinsiale hoofstad St. John's is die grootste stad op Avalon]] '''Avalon''' is 'n groot skiereiland in die [[Kanada|Kanadese]] provinsie Newfoundland en Labrador met 'n oppervlakte van 9 270 vierkante kilometer. Die skiereiland vorm die suidoostelike en mees digbevolkte deel van die eiland Newfoundland en huisves naas die provinsiale hoofstad St. John's ook sowat veertig persent van Newfoundland en Labrador se bevolking.
 
Die Avalon-landengte met 'n wydte van sowat vyf kilometer verbind die skiereiland met die hoofdeel van Newfoundland. Avalon strek tot by die visryke sones naby die Grand Banks, en sy vier baaie (Trinity Bay, Conception Bay, St. Mary's Bay en Placentia Bay) is met hulle skilderagtige vissersdorpies die tradisionele sentrum van Newfoundland se visserybedryf. Avalon spog daarnaas met belangrike voëlbewaringsgebiede en geskiedkundige nasionale erfenisgebiede soos ''Cape Spear National Historic Site''. Cape Spear is ook die mees oostelike punt van Noord-Amerika.
 
Vissery was eeue lank die ekonomiese basis van Avalon se bewoners, maar aangesien die owerhede gedwing was om die kommersiële visbronne deur visvangkwotas te beskerm kan vissers tans nouliks in hul lewensonderhoud voorsien.
 
==Geskiedenis==
Argeologiese vondse het in [[1994]] bewys dat die skiereiland reeds sowat vier- tot vyfduisend jaar gelede deur Argaïese Kus-Indiane bewoon is.
 
Avalon was later een van die eerste gebiede in [[Noord-Amerika]] wat deur Europeërs bewoon is; Harbour Grace was oorspronklik 'n Franse nedersetting wat in [[1550]] gestig is en in [[1610]] as die hoofkwartier van die berugte seerower Peter Easton gedien het. DieTrepassey eerste Britse nedersetting het reedswas in [[1610]] in Cuper's Cove ontstaan. Sir George Calvert, die 1ste16de baroneeu vanwaarskynlik Baltimore, het laterreeds 'n grootbasis eiendomwaar opBaskiese dievissers skiereilandgereeld ontvang. Die aanvanklike kolonie Ferrylandaangedoen het tot Newfoundland se suksesvolste permanente nedersetting met eehonderd inwoners gegroei. In [[1623]] is Calvert se landbesit deur 'n koninklike oktrooi aansienlik uitgebrei en het vervolgens die naam ''Province of Avalon'' gekry - ''"in imitation of Avalon in Somersetshire wherein Glassenbury stands, the first fruits of Christianity in Kingdom of Britain as the other was in that party of America."'' Dit was Calvert se wens om van die kolonie 'n toevlugsoord vir Rooms-Katolieke te maak wat in Engeland deur vervolging bedreig is. In erkenning van sy prestasies is Calvert in [[1625]] tot die 1ste lord van Baltimore verklaar. Die oktrooi het van die provinsie 'n gebied gemak waarin Calvert absolute gesag uitgeoefen het.
 
Die eerste Britse nedersetting het reeds in [[1610]] in Cuper's Cove ontstaan. Sir George Calvert, die 1ste baron van Baltimore, het later 'n groot eiendom op die skiereiland ontvang. Die aanvanklike kolonie Ferryland het tot Newfoundland se suksesvolste permanente nedersetting met eehonderd inwoners gegroei. In [[1623]] is Calvert se landbesit deur 'n koninklike oktrooi aansienlik uitgebrei en het vervolgens die naam ''Province of Avalon'' gekry - ''"in imitation of Avalon in Somersetshire wherein Glassenbury stands, the first fruits of Christianity in Kingdom of Britain as the other was in that party of America."'' Dit was Calvert se wens om van die kolonie 'n toevlugsoord vir Rooms-Katolieke te maak wat in Engeland deur vervolging bedreig is. In erkenning van sy prestasies is Calvert in [[1625]] tot die 1ste lord van Baltimore verklaar. Die oktrooi het van die provinsie 'n gebied gemak waarin Calvert absolute gesag uitgeoefen het.
 
'n Reeks van krisisse en rampe het Calvert in [[1629]] gedwing om die kolonie te verlaat en hom in die aangenamer klimaat van Maryland te vestig, alhoewel sy gesin Avalon as agente nog tot by die jaar [[1637]] geregeer het. Die hele eiland Newfoundland is toe volgens 'n nuwe oktrooi aan sir David Kirke en James Hamilton, die 1ste hertog van Hamilton oorhandig.