Verskil tussen weergawes van "Voortrekkermonument"

k (Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.)
Die Senotaaf is die sentrale fokuspunt van die Voortrekkermonument. Die woord senotaaf beteken "leë graf". Dit is die simboliese rusplek van Piet Retief en al die ander Voortrekkers wat tydens die [[Groot Trek]] gesterf het.
 
Een keer per jaar, om 12presies 12-uur op [[16 Desember]], skyn die son deur 'n opening in die koepeldak van die monument op die woorde, "Ons Vir Jou, Suid-Afrika", in die middel van die Senotaaf. Die argitek, [[Gerard Moerdyk|Gerard Moerdijk]], het dit so ontwerp om die sonstraal as God se seën oor die lewe en werk van die [[Voortrekkers]] te simboliseer.
 
Die Senotaaf is van rooi graniet uit die [[Parys, Vrystaat|Parys]]-streek in die [[Vrystaat]] gemaak.<ref>{{cite web |url=http://www.vtm.org.za/afrikaans-voorblad/senotaafsaal/ |title=Voortrekkermonument Senotaafsaal |publisher=www.vtm.org |access-date=20 Junie 2014 |language=af |archive-url=https://web.archive.org/web/20190929124048/http://www.vtm.org.za:80/afrikaans-voorblad/senotaafsaal/ |archive-date=29 September 2019 |url-status=live |df=dmy-all}}</ref>
 
In sy lengtedeursnee bestaan die monument uit 'n onderste en ʼn boonste saal en 'n onderste en ʼn boonste koepel bokant die sale. In die boonste koepel is 'n opening wat sonlig deurlaat, en die onderste koepel, wat sowat 15 m bokant die vloer van die boonste saal begin, is in der waarheid 'n halwe koepel met 'n groot opening daarin wat om ringomring is deur 'n balkon waarvandaan op die boonste saal neergekyk kan word. In die vloer van die boonste saal is ook 'n opening, en reg onder die opening staan die senotaaf in die onderste saal.
 
Van die balkon van die onderste koepel kan dus op die senotaaf neergekyk word. Die doel van die openinge is om sonlig deur te laat sodat 'n sonstraal elke jaar om presies 12-uur die middag van 16 Desember op die senotaaf skyn. Van die boonste saal lei 'n trap na die booggang rondom die monument wat 'n vergesig op die omgewing bied. Van die booggang lei trappies na die onderste koepel, en daarvandaan na die top van die monument, bo-op die boonste koepel.
92 053

wysigings