Verskil tussen weergawes van "Leliefontein"

Geen grootteverandering nie ,  12 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Leliefontein''' is 'n klein sendingstasie-dorpie wat ongeveer 29 kilometer vanaf [[Kamieskroon]] in die Kamiesberge geleë is.
 
Die dorpie het blykbaar sy naam gekry van die wit lelies, met botaniese naam ''Androcymbium citiolatumciliolatum'' maar algemeen bekend as die "Bobbejaanskoen" of "Patrysblom", wat in die maande Augustus tot Oktober deel is van die Namakwalandse blommeprag.
 
In Januarie [[1902]] het die dorpie deel gehad aan die [[Tweede Vryheidsoorlog]] toe kommandant [[Manie Maritz]] die dorp besoek het om 'n proklamasie te bedien op die destydse bruin inwoners omdat hulle beskuldig is van sameswering met die Engelse soldate teen die Boerekrygers. Die leier van die Basters, soos wat Maritz na die inwoners verwys het, het na bewering vir Maritz met 'n kierie geslaan en dit het tot 'n geveg gelei waartydens van die inwoners gedood is.
Anonieme gebruiker