Verskil tussen weergawes van "Teks (algemene literatuurwetenskap)"

skakel
(Nie meer wees nie)
(skakel)
In die [[Algemene Literatuurwetenskap|algemene literatuurwetenskap]] is '''teks''' enige objek wat "gelees" kan word, ongeag of dit 'n letterkundige werk, 'n padteken, 'n versameling geboue in 'n blok of modestyle is. Dit is 'n samehangende stel [[Tekens (semiotiek)Semiotiek|tekens]] wat een of ander informatiewe [[boodskap]] oordra.<ref>Yuri Lotman – The Structure of the Artistic Text</ref> Hierdie stel simbole word in terme van die informatiewe boodskap se ''inhoud'' oorweeg, en nie soseer in terme van die fisiese vorm of die medium waarin dit aangebied word nie.
 
Op die gebied van [[literatuurkritiek]] verwys "teks" ook na die oorspronklike inligtingsinhoud van 'n spesifieke skryfstuk. Anders gestel: Die "teks" van 'n werk is die oorspronklike simboliese rangskikking van letters, soos onderskei van latere wysigings, agteruitgang, kommentaar, vertalings, [[parateks]], ens. Wanneer literatuurkritiek oor die vasstelling van 'n "teks" gaan, is dit gemoeid met die onderskeid tussen die oorspronklike inligtingsinhoud en enigiets wat in by die aanvanklike inhoud gevoeg of weggeneem is, soos in 'n spesifieke teksdokument weergegee ('n fisiese weergawe van teks).
Anonieme gebruiker