Verskil tussen weergawes van "Ethelred II van Engeland"

Skakel
(Skakel)
 
Ná enkele dekades van rus het die [[Denemarke|Dene]] aan die begin van Ethelred se bewind weer begin met strooptogte aan die Engelse kus, en later met aanvalle deur leëreenhede. Die koning het probeer om die [[Vikings]] af te koop. Hy het nie juis ’n keuse gehad nie, want hy kon nie sy generaals vertrou nie. Die afkoopgeld het egter die Dene jaar ná jaar teruggelok.
 
Eindelik het Ethelred op [[13 November]] [[1002]] besluit om alle Dene in Engeland uit te moor. In reaksie hierop het koning [[Sven I van Denemarke|Sven Vurkbaard]] van [[Denemarke]] begin met sy pogings om Engeland te verower. Dit het toe ook in 1013 gebeur en Ethelred het in bannelingskap gegaan. In 1014 het die Engelse Sven se opvolger, [[Knoet die Grote]], uitgedryf en Ethelred se mag herstel.
 
Ethelred het minstens sestien kinders uit twee huwelike gehad. Sy tweede vrou was [[Emma van Normandië]]. Haar kleinneef [[Willem I van Engeland|Willem I die Veroweraar]] het sy verwantskap aan haar later gebruik as basis vir sy aanspraak op die troon van Engeland.