Kernreaksie: Verskil tussen weergawes

1 516 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Geskiedenis
(verbeter)
(Geskiedenis)
Natuurlike kernreaksies kom voor in die interaksies tussen [[Kosmiese straling|kosmiese strale]] en materie, en kernreaksies kan kunsmatig gebruik word om kernenergie op aanvraag te verkry. Die belangrikste kernreaksies is die kernkettingreaksies in materiale wat kernsplitsing lewer, en die verskillende kernversmeltingsreaksies van ligelemente wat die energieproduksie van die son en sterre dryf.
 
== Geskiedenis ==
In 1919 kon [[Ernest Rutherford]] transmutasie van [[stikstof]] in [[suurstof]] aan die Universiteit van Manchester bewerkstellig met behulp van alfa-deeltjies gerig op stikstof:
::{{Sup|14}}N + α → {{Sup|17}}O + p.
 
Dit was die eerste waarneming van 'n kernreaksie wat geïnduseer was, dit wil sê 'n reaksie waarin deeltjies van een reaksie gebruik word om 'n ander atoomkern te verander. Uiteindelik, in 1932 aan die Universiteit van Cambridge, is 'n volledig kunsmatige kernreaksie en kerntransmutasie bereik deur Rutherford se kollegas [[John Cockcroft]] en [[Ernest Walton]], wat kunsmatig versnelde [[proton]]e teen [[litium-7]] gebruik het om die kern in twee alfa-deeltjies te verdeel. Die prestasie het in die volksmond bekend gestaan as "splitsing van die atoom", hoewel dit nie die moderne kernsplitsingsreaksie was wat later in 1938 deur die Duitse wetenskaplikes [[Otto Hahn]], [[Lise Meitner]] en [[Fritz Strassmann]] in swaar elemente ontdek is nie.{{R|Cambridge2012}}
 
== Verwysings ==
{{verwysings|verwysings=
<ref name="Cambridge2012">{{cite web |title=Cambridge Physics - Splitting the Atom |website=www-outreach.phy.cam.ac.uk |date=2 September 2012 |url=http://www-outreach.phy.cam.ac.uk/camphy/cockcroftwalton/cockcroftwalton9_1.htm |archive-url=https://web.archive.org/web/20120902195556/http://www-outreach.phy.cam.ac.uk/camphy/cockcroftwalton/cockcroftwalton9_1.htm |archive-date=2 September 2012 |url-status=dead |access-date=8 Januarie 2021 |language=Engels}}</ref>
}}
{{Saadjie}}
 
4 657

wysigings