Verskil tussen weergawes van "Kettingreaksie"

3 177 grepe bygevoeg ,  5 maande gelede
Kernkettingreaksies
(Chemiese kettingreaksies)
(Kernkettingreaksies)
 
Die lengte van die polimeerketting hang af van die aantal kere wat die voortplantingstap herhaal word.
 
== Kernkettingreaksies ==
[[Leo Szilard]] het in 1933 'n kernkettingreaksie voorgestel, kort nadat die [[neutron]] ontdek is, en meer as vyf jaar voordat [[kernsplyting]] vir die eerste keer ontdek is. Szilárd het van chemiese kettingreaksies geweet, en hy het in 1932 gelees van 'n energieproduserende kernreaksie, wat deur John Cockcroft en Ernest Walton gedemonstreer is, waarin [[litium]] gebombardeer is met hoë-energie [[proton]]e. Szilárd het voorgestel om neutrone te gebruik wat teoreties vervaardig word uit sekere kernreaksies in ligter [[isotoop|isotope]], om verdere reaksies te veroorsaak in ligte isotope wat meer neutrone voortbring. In teorie sou dit 'n kettingreaksie op die kernvlak lewer.{{R|Szilard}} Hy het nie splyting as een van hierdie neutroneproduserende reaksies voorgestel nie, aangesien hierdie reaksie toe nog nie bekend was nie. Eksperimente met [[berillium]] en [[indium]] wat hy voorgestel het, het misluk.
 
Nadat kernsplyting deur [[Otto Hahn]] en [[Fritz Strassmann]] in 1938 ontdek is,{{R|Meitner}} besef Szilárd onmiddellik die moontlikheid om splyting deur neutrone te gebruik as die spesifieke kernreaksie wat nodig is om 'n kettingreaksie te skep, solank splyting ook neutrone produseer. In 1939, saam met [[Enrico Fermi]], het Szilárd hierdie neutronvermenigvuldigingsreaksie in [[uraan]] bewys.{{R|Uraan}} In hierdie reaksie veroorsaak 'n neutron 'n splytingreaksie met 'n ander atoom wat lei tot 'n groter aantal neutrone as die enkele wat in die aanvanklike reaksie verbruik is. So is die praktiese kernkettingreaksie gebore deur die meganisme van neutron-geïnduseerde kernsplyting.
 
Spesifiek, as een of meer van die geproduseerde neutrone self met ander splytbare kerne in wisselwerking tree, en hierdie ook splyting ondergaan, is daar die moontlikheid dat die makroskopiese algehele splytingsreaksie nie sal stop nie, maar deur die hele reaksiemateriaal sal voortgaan. Dit is dan 'n self-voortplantende en dus selfonderhoudende kettingreaksie. Dit is die beginsel vir [[kernreaktor]]e en [[atoombom]]me.
 
Demonstrasie van 'n selfonderhoudende kernkettingreaksie is deur Fermi, Slizard en andere bewerkstellig in die suksesvolle werking van Chicago Pile-1, die eerste kunsmatige kernreaktor, aan die einde van 1942.
 
== Verwysings ==
{{verwysings|verwysings=
<ref name="Laidler1987">{{cite book | last=Laidler | first=Keith | title=Chemical kinetics | publisher=Harper & Row | publication-place=New York | year=1987 | isbn=0-06-043862-2 | oclc=14003266 | page=288-290 |language=Engels}}</ref>
 
<ref name="Meitner">{{cite book| first=Lise |last=Meitner |chapter=Otto Hahn - the discoverer of nuclear fission |title=Forscher und Wissenschaftler im heutigen Europa| publisher=Stalling Verlag, Oldenburg/Hamburg |year=1955 |language=Duits |url=https://books.google.com/books?id=UEFAAAAAIAAJ}}</ref>
 
<ref name="Nobel1956">{{cite web | title=The Nobel Prize in Chemistry 1956 | website=NobelPrize.org | date=1956 | url=https://www.nobelprize.org/prizes/chemistry/1956/ceremony-speech/ | access-date=11 Januarie 2021 |language=Engels}}</ref>
 
<ref name="Szilard">{{cite web |first=L. |last=Szilárd |title=Improvements in or relating to the transmutation of chemical elements - British patent number: GB630726 | date=30 Maart 1936 |url=http://v3.espacenet.com/textdoc?DB=EPODOC&IDX=GB63072 |language=Engels}}</ref>
 
<ref name="Stamps">{{cite web |url=http://www.marka-art.ru/catalogs/StampSeries.jsp?%26id%3D29264%26lang%3Den |title=Postage Stamps. 20th Century. Russia. Science |publisher=Publishing and Trading Centre MARKA |access-date=11 Januarie 2020 |url-status=dead |archive-url=https://web.archive.org/web/20090116032126/http://www.marka-art.ru/catalogs/StampSeries.jsp?&id=29264&lang=en |archive-date=16 Januarie 2020 |language=Engels }}</ref>
 
<ref name="Uraan">{{cite journal | first1=H. L. |last1=Anderson |first2=E. |last2=Fermi |first3=L. |last3=Szilárd |title=Neutron production and absorption in uranium |journal=The Physical Review |volume=56 |pages=284–286 |date=1 Augustus 1939 |url=http://www.fdrlibrary.marist.edu/psf/box5/a64g01.html |language=Engels}}</ref>
}}
 
{{Saadjienormdata}}
 
[[Kategorie:Chemiese reaksies]]
3 768

wysigings