Verskil tussen weergawes van "Isaq Schrijver"

1 greep verwyder ,  6 maande gelede
(Verbeter)
In Februarie 1684 het Schrijver 'n verkenningsekspedisie na [[Namakwaland]] gelei. Hy was op daardie stadium 'n sersant in die [[Verenigde Oos-Indiese Kompanjie]] en gebaseer in die [[Kaap van Goeie Hoop]]. Hulle het so ver gegaan as [[Garies]] en het monsters van [[koper]]erts na [[Kaapstad]] teruggebring.
 
== Berging van die ''Nossa Senhora dos Milagros]'' ==
Schrijver het ook gehelp met die bergingsoperasie van die ''[[Nossa Senhora dos Milagros (skip)|Nossa Senhora dos Milagros]]'' wat in die nag van 16 April 1686 by [[Struisbaai]] op die rotse geloop het. Dit was 'n Portugese skip en het 'n bemanning van 150 gehad, met Don Emmanual Da Silva as die bevelvoerder. Die skip was van [[Goa]] af op pad terug na [[Portugal]]. Aan boord van die skip was diplomatieke geskenke van Narai, koning van [[Siam]], vir die Koning van Portugal, [[Louis XIV van Frankryk]], en [[Karel II van Engeland]]. Daar was ook drie Siamese ambassadeurs aanboord; hulle was deur die bemanning aan hulle lot oorgelaat. Twee van hulle is 'n maand later in 'n verswakte toestand gevind, die derde het gesterf.<ref>[http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-06142004-094752/unrestricted/09chapter9.pdf] Inleiding en Inhoud Opgawe - Claassens Tesis.PDF</ref> Goewerneur [[Simon van der Stel]] het 'n groep mense gestuur om die berging te doen bestaande uit luitenant [[Olof Bergh]], Isaq Schrijver en ander persone. Hulle doel was om te berg wat hulle kon. Hulle bring egter goedere van waarde terug na die goewerneur en stories oor diefstal het gou die ronde gedoen. Die situasie is vererger en bevestig deur pogings om van die gebergde items aan die inwoners van Kaapstad te verkoop en goedere wat opgegrawe is in die tuin van Olof Bergh. Bergh het later skuld erken en aantygings gemaak dat Van der Stel self ook betrokke was. Bergh het 'n vonnis van drie en 'n halfjaar gekry wat hy op [[Robbeneiland]] uitgedien het terwyl Schrijver onskuldig bevind is.