Verskil tussen weergawes van "Aansteeklike siektes"

Skakel
(→‎Disenterie: Skakel)
(Skakel)
Van die grootste rampe wat die wêreld nog getref het, was epi­demies van aansteeklike siektes en infeksiesiektes. Die Swart Dood - 'n pesepidemie van 1347-1351 - het altesame 75 miljoen lewens geëis en tydens die [[Spaanse griep in Suid-Afrika|Spaanse Griep van 1918]] is 21,5 miljoen mense dood. Die op­knapping van higiëniese toestande, die ontwikkeling van antibiotika en [[inenting]] teen siektes, het daartoe gelei dat die meeste aansteeklike siektes nou behandel kan word.
 
Infeksies ontstaan wanneer siekte­draende mikro-organismes die lig­gaam binnedring. Dit geskied ge­woonlik deur die slymvlies in die lugweë en minder dikwels deur die vel.