Verskil tussen weergawes van "Aansteeklike siektes"

k
spelling
(Skakel)
k (spelling)
Van die grootste rampe wat die wêreld nog getref het, was epi­demies van aansteeklike siektes en infeksiesiektes. Die Swart Dood - 'n pesepidemie van 1347-1351 - het altesame 75 miljoen lewens geëis en tydens die [[Spaanse griep in Suid-Afrika|Spaanse Griep van 1918]] is 21,5 miljoen mense dood. Die op­knapping van higiëniese toestande, die ontwikkeling van antibiotika en [[inenting]] teen siektes, het daartoe gelei dat die meeste aansteeklike siektes nou behandel of voorkom kan word.
 
Infeksies ontstaan wanneer siekte­draende mikro-organismes die lig­gaam binnedring. Dit geskied ge­woonlik deur die slymvlies in die lugweë en minder dikwels deur die vel.
 
Wanneer 'n mens met hierdie siektekieme in aanraking kom, sal die weerstandsvermoë van die lig­gaam bepaal of dit besmet sal word of nie. Die weerstandsvermoë is af­hanklik van faktore soos ouderdom, die voedingstoestand, ander siektes ([[suikersiekte]] maak o.m. die liggaam baie ontvanklik vir infeksies), die gebruik van medisyne soos byniers-korshormonebynierkorshormone (wat die liggaam se weerstand teen siektes verlaag), en ten slotte of die persoon dié spesi­fieke siekte al voorheen onder ledeonderlede gehad het of nie. As 'n mens voor­heen die siekte opgedoen het, bou die liggaam 'n weerstand daarteen op (immuniteit) wat die liggaam ty­delik of permanent daarteen kan be­skerm.
 
== Inenting ==
Inenting kan immuniteit op 'n kunsmatige wyse teweeg bring. Van die oomblik dat die liggaam besmet raak tot die verskyning van die eerste siekte simptomesiektesimptome, verloop daar 'n bepaalde periode wat as die ont­kiemingstydkiemings- of inkubasietyd bekend staan. Hierdie periode kan een dag of enkele maande lank wees. Die siektesimp­tome is inderwaarheid 'n reaksie van die liggaam op die siekte kiemesiektekieme. Die ontkiemingstyd is dus die periode wat die liggaam nodig het om op die infeksie te reageer.
 
Hoewel 'n groot aantal aansteek­like siektes reeds in bedwang gebring is, is dit nog steeds die grootste enkele oorsaak van siektes by die mens. Voorbeelde hiervan is griep, verkoues, brongitis (longpyp­ontsteking), derminfeksies en kindersiektes.
 
== Witseerkeel ==
In 1950 het die siekte witseerkeel in Nederland en België epidemiese afmetings geneemaangeneem. Deur sistematiese inenting van babas is die siekte omtrentbyna heeltemal uitgewis. Die witseerkeelbakterie ''Coryne­ bacterium diphteriae'' dring die lig­gaam gewoonlik deur die slymvlies van die boonste lugweë binne en veroorsaak daar, ná enkele dae,'n ontsteking.
 
'n Witaanpaksel vorm in die keel en veral op die mangels. In ernstige gevalle is daar ook 'n bloederige afskeiding uit die neus, en die mangels en limfkliere swel op. Babas kan hierdie gevreesde siekte selfs op die veloppervlak van hul naeltjies en geslagsorgane ont­wikkel. Die bakterieë vestig hulIe aan die veloppervlak, maar kan gif­stowwe afskei wat verskeie liggaamsorgane kan beskadig. Wit­seerkeel kan ontsteking van die hartspier, beskadiging van die senu­stelsel en gevolglik algehele ver­lamming tot gevolg hê. Om die gif­stowwe onskadelik te maak, moet witseerkeel so gou moontlik behandel word deur die nodige hoeveelheid serum teen die siekte in te spuit. Die bakterieë kan daarna met antibiotika behandel word.
91 943

wysigings