Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Geselshoekie"

1 707 grepe bygevoeg ,  3 maande gelede
 
:Sjoe! Die 100 000 artikels mylpaal kom al hoe nader. Groete! [[Gebruiker:Lefcentreright|Lefcentreright]] ([[Gebruikerbespreking:Lefcentreright|kontak]]) 20:16, 28 Januarie 2021 (UTC)
 
== Die gehalte van artikels in [[:Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika]] ==
 
{{multiple image|caption_align=center
|align= right
|direction= horizontal
|image1= Meat thermometer in rotisserie chicken.jpg
|width1 = 120
|caption1= Die artikels moet só lyk!
|image2= Chicken bone.jpg
|width2 =107
|caption2= Nie so nie!
|header=
|header_align= centre
}}
 
Goeie naand, almal. Ek is baie ontevrede oor die gehalte/kwaliteit van artikels in [[:Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika]]. Ek meen, kom ons vat [[Tsepo Mhlongo]] se artikel. Dit sê net: "Tsepo Mhlongo is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die DA." Dit sê nie wat hy voor sy parlementsloopbaan gedoen het nie, op watter datum hy as 'n parlementslid inhehuldig is nie, of wat hy in die parlement doen nie. Sy artikel herinner my aan die Engelse gesegde: "Meat on the bone". Daar is net mooi niks "meat on the bone" op sy artikel nie. Kyk net na die Engelse weergawe van sy artikel ([[w:en:Tsepo Mhlongo]]; ek het dit geskryf).
 
Daar is honderde en honderde van hierdie saadjie wat sulke min (geen) inligting bevat. Ek sou almal aangepak het, maar ek het nie die geduld/tyd om dit te doen nie. Wat gaan ons as die gemeenskap daaroor doen, want die artikels help niemand nie? Kan ons miskien 'n Skryfweek-tipe ontkiemingskompetisie hou, of miskien hulle almal skrap? Ek verstaan meeste van julle hou nie van politiek nie. Ek is ook nie anti-saadjies nie. Ek hou van saadjies, maar hierdie ekstreme saadjies in die kategorie help weereens niemand nie. Groete! [[Gebruiker:Lefcentreright|Lefcentreright]] ([[Gebruikerbespreking:Lefcentreright|kontak]]) 22:02, 28 Januarie 2021 (UTC)