Verskil tussen weergawes van "Simfonie-orkes"

4 grepe bygevoeg ,  8 maande gelede
skakel
(opruim)
(skakel)
Meervoudige besettings was egter die uitsondering. Gedurende die 17e eeu het strykorkeste in ensemblemusiek die botoon gevoer. Die eerste meervoudige orkes was die hoforkes van [[Lodewyk XIV van Frankryk|Lodewyk XIV]]: die sogenaamde Les vingt-quatr violons du roy. Die orkes het in Europa groot roem verwerf en het veral 'n groot invloed op die Duitse musieklewe gehad.
 
Onontbeerlik in die orkesmusiek van ongeveer 1750 was die orrel of klawesimbel, wat die rol van die [[basso continuo]] vertolk het. So ʼn orkes, bestaande uit strykers, [[hobo]]'s, [[fagot]]<nowiki/>te en 'n continuo-instrument, het in [[Johann Sebastian Bach|Bach]] en Händel se tyd die kern van die orkes uitgemaak.
 
Dikwels het die blasers geen partituur gehad nie en het hulle saam met die strykers gespeel. Om meer kleur aan die ensemble te gee, is daar ook somtyds van blokfluite, dwarsfluite of horings gebruik gemaak. [[Jean-Philippe Rameau|Rameau]] was die eerste komponis wat in sy operas van egte orkestrale kleureffekte gebruik gemaak het en word dus as die voorloper van die Romantiese instrumentasiekuns beskou. Hy was ook die eerste komponis wat 'n klarinet in die orkes opgeneem het.
10 108

wysigings