Verskil tussen weergawes van "Kettingreaksie"

2 grepe bygevoeg ,  4 maande gelede
k
(Kernkettingreaksies)
 
== Kernkettingreaksies ==
[[LeoLeó SzilardSzilárd]] het in 1933 'n kernkettingreaksie voorgestel, kort nadat die [[neutron]] ontdek is, en meer as vyf jaar voordat [[kernsplyting]] vir die eerste keer ontdek is. Szilárd het van chemiese kettingreaksies geweet, en hy het in 1932 gelees van 'n energieproduserende kernreaksie, wat deur John Cockcroft en Ernest Walton gedemonstreer is, waarin [[litium]] gebombardeer is met hoë-energie [[proton]]e. Szilárd het voorgestel om neutrone te gebruik wat teoreties vervaardig word uit sekere kernreaksies in ligter [[isotoop|isotope]], om verdere reaksies te veroorsaak in ligte isotope wat meer neutrone voortbring. In teorie sou dit 'n kettingreaksie op die kernvlak lewer.{{R|Szilard}} Hy het nie splyting as een van hierdie neutroneproduserende reaksies voorgestel nie, aangesien hierdie reaksie toe nog nie bekend was nie. Eksperimente met [[berillium]] en [[indium]] wat hy voorgestel het, het misluk.
 
Nadat kernsplyting deur [[Otto Hahn]] en [[Fritz Strassmann]] in 1938 ontdek is,{{R|Meitner}} besef Szilárd onmiddellik die moontlikheid om splyting deur neutrone te gebruik as die spesifieke kernreaksie wat nodig is om 'n kettingreaksie te skep, solank splyting ook neutrone produseer. In 1939, saam met [[Enrico Fermi]], het Szilárd hierdie neutronvermenigvuldigingsreaksie in [[uraan]] bewys.{{R|Uraan}} In hierdie reaksie veroorsaak 'n neutron 'n splytingreaksie met 'n ander atoom wat lei tot 'n groter aantal neutrone as die enkele wat in die aanvanklike reaksie verbruik is. So is die praktiese kernkettingreaksie gebore deur die meganisme van neutron-geïnduseerde kernsplyting.
18 673

wysigings