Verskil tussen weergawes van "Curie-familie"

4 grepe bygevoeg ,  7 maande gelede
Skakel
k (corr using AWB)
(Skakel)
Hy het sy navorsing met die kristalle gestaak en saam met sy vrou begin werk om die nuwe element op te spoor. Die volgende vier jaar sou beslissend vir die Curies wees. Hulle het ʼn reuse-taak begin om vragte pikblende (ʼn erts wat uraan bevat) te verwerk en die konsentraat daarvan meer en meer te konsentreer. Vragte en vragte pikblende is van Oostenryk af na hulle laboratorium aangery, waar hulle snags tot laat gewerk het. Die groot dag het uiteindelik aangebreek: ʼn klein bakkie met die finale konsentraat wat al die radium bevat het wat in die pikblende was, het op die laboratoriumbank gestaan. Al wat nou gedoen moes word, was om die oplossing in te damp en die radium sou in die bakkie agterbly. Ten spyte van hul akkurate voorspellings oor radium het die Curies hul egter ernstig misreken met die konsentrasie van die radium – die voorkoms daarvan was nog baie minder as wat hulle gereken het. Die teleurstelling was ook baie groot toe die bakkie na in damping niks bevat nie. Wat hulle egter nie geweet het nie, was dat daar wei radium in was. Die hoeveelheid was egter so klein dat dit nie met die blote oog sigbaar was nie. Daardie nag kon Marie Curie nie slaap nie. Sy het aan al die jare se harde werk en aan haar teorie gedink. Sy het geweet dat daar iewers 'n groot skroef los was, en laat daardie nag is sy terug laboratorium toe.
 
Groot was haar verbasing toe sy in die donker laboratorium 'n groen liggloed in die bakkie sien. Sy het dadelik besef wat aan die gang is en haar man gaan roep. Hulle was oorstelp van vreugde, want hulle het tog daarin geslaag om radium te isoleer. Die jaar 1903 was 'n besondere jaar vir die Curies. Marie het haar doktorsgraad verwerf met 'n proefskrif Ondersoeke na [[Radioaktiwiteit|radioaktiewe]] stowwe, en in dieselfde jaar het hulle die [[Davy-medalje]] van die Royal Society ontvang.
 
Hulle is saam met Becquerel met die [[Nobelprys]] vir fisika vereer. Marie Curie was nie net die eerste vrou wat hierdie gesogte prys ontvang het nie, maar ook die eerste persoon van
3 972

wysigings