Verskil tussen weergawes van "Slag om Brittanje"

Op 7 September 1940 is met 'n massiewe reeks klopjagte op die [[Teems]] in Londen begin. Byna vierhonderd bomwerpers en meer as seshonderd vegters het die Britse hawe dag en nag aangeval.
 
Die RAF se Groep 11-eskader het vanaf [[Croydon-lughawe|RAF Croydon]] opgestyg om hulle te ontmoet, in groter getalle as wat die Luftwaffe verwag het. Groep 12 se "Big Wings"-eskader het twintig minute geneem om tot formasie te kom en mis hul beoogde teiken, maar kom 'n klomp bomwerpers teë terwyl hulle nog klim. Met hul tuiskoms blameer hulle hul beperkte sukses op die feit dat hulle te laat ingeroep is.<ref name=7sept>Putland, Alan L. [http://www.battleofbritain1940.net/0036.html "7 September 1940.".] ''Battle of Britain Historical Society''. Besoek op 12 Augustus 2009.</ref><ref>Putland, Alan L. [http://www.battleofbritain1940.net/0037.html "7 September 1940 – The Aftermath."] ''Battle of Britain Historical Society''. Besoek op 12 Augustus 2009.</ref>
 
Die Luftwaffe het hul oggendaanvalle begin staak, en eers laatmiddag met aanvalle op Londen begin, vir 57 opeenvolgende nagte.
95 157

wysigings