Verskil tussen weergawes van "Kaapstad"

k
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf Reverted
[[Lêer:At Greenpoint.jpg|duimnael|links|Sononder in [[Groenpunt]]]]
[[Lêer:Blick auf Kapstadt.jpg|duimnael|Kaapstad, soos gesien vanaf Robbeneiland]]
Kaapstad is in die suidweste van die Republiek van Suid-Afrika en die provinsie Wes-Kaap aan die Tafelbaai van die [[Atlantiese Oseaan]] geleë. Die stad staan internasionaal bekend vir sy ligging aan die voet van Tafelberg, 'n groot, platoagtige bergmassief met 'n hoogte van 1&nbsp;086 meter bo [[seevlak]] wat saam met kleiner bergspitse en heuwels soos [[Seinheuwel|Vlaeberg]], [[Leeukop]] en [[Duiwelspiek]] die stadshorison oorheers en 'n onmiskenbare baken geword het. Tafelbaai is deur die inheemse bewoners ''Hoeri'' (letterlik "Baai van die See", sien ook [[Khoiname van Kaapstad]]) genoem en het sy huidige naam aan 'n Portugese [[admiraal]] te danke wat in 1503 hier langs geseil het.<ref>{{de}} [http://www.kapstadt-guide.de/stadtzentrum/tafelberg.html ''www.kapstadt-guide: Tafelberg'']</ref> Die [[Kaapse Skiereiland]], wat oor 'n lengte van sowat 35 kilometer van Kaapstad in die noorde tot by die [[Kaap die Goeie Hoop]] en Kaappunt strek, is in een van die wêreld se plantkoninkryke en 'n magdom soorte kom slegs hier voor.
 
Kaapstad se "Stadskom" (Engels: ''City Bowl'') of sentrale sakekern met sy [[wolkekrabber]]s en die woonbuurte wat rondom lê, word deur Tafelbaai aan die een kant en Tafelberg aan die ander begrens. Die uitgestrekte [[voorstad|voorstede]] aan albei kante van die bergmassief, wat in suidelike rigting in 'n aantal bergkettings oorgaan wat via die [[Twaalf Apostels]] tot by Kaappunt strek, verskil ten opsigte van hul karakter duidelik van mekaar. Die hele stadsgebied kan slegs vanaf Tafelberg raakgesien word – net een miljoen van Kaapstad se bewoners woon in die "Stadskom" of ander woonbuurte naby die Atlantiese Oseaan of die berge, terwyl twee miljoen stadsbewoners in die uitgestrekte [[Kaapse Vlakte]] saamgetrek is.
12 751

wysigings