Tropiese sikloon: Verskil tussen weergawes

k
Wysigings deur 41.113.180.4 teruggerol na laaste weergawe deur Rooiratel
(Well as a result of the same decision)
Etikette: Reverted Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
k (Wysigings deur 41.113.180.4 teruggerol na laaste weergawe deur Rooiratel)
Etiket: Terugrol
[[Lêer:Hurricane Elena.jpg|duimnael|300px|Orkaan Elena op 1 September 1985 in die [[Golf van Meksiko]]. ''Foto: NASA'']]
[[Lêer:Typhooon Nabi as seen from the ISS.jpg|duimnael|300px|Tifoon Nabi op 3 September 2005 soos vanaf die Internasionale Ruimtestasie waargeneem]]
In [[weerkunde]] is 'n '''tropiese sikloon''' 'n stormstelsel wat aangedryf word deur dgfrweriedie hitte wat vrygestel word wanneer vogtige lug styg en weer kondenseer. Die naam dui op die oorsprong in die [[trope]] en op hul [[siklonies]]e aard. Siklone draai antikloksgewys in die [[noordelike halfrond]] en kloksgewys in die [[suidelike halfrond]]. Afhangende van hulle ligging en sterkte word verskeie benamings gebruik om na die [[storm]]s te verwys, soos '''orkaan''', '''tifoon''' en '''tropiese storm'''.
 
* '''Orkane''' is tropiese siklone, wat hulle oorsprong in die [[Atlantiese oseaan|Atlantiese]] en Noordelike Stille Oseaangebied oos van die 180ste lengtegraad en in die Suidelike Stille Oseaangebied oos van 160° Oos het. Hulle gemiddelde maksimale windspoed is meer as 64 knope.
Hoewel 'n tropiese sikloon in sy vroeë stadium 'n deursnee van minder as 100 km het, beweeg hy weg van sy ontstaanplek en kan hy dus dood en verwoesting oor etlike honderde kilometer saal, veral as sy pad oor kusgebiede, eilande of ander landdele gaan. Terwyl die werwelstorm voortbeweeg, kan sy deursnee tot 800 km vergroot.
 
Die deel waarin die maksimum-krag en vernietiging voorkom, Is gelukkig beperk tot die sentrale gedeelte van die storm. Die sikloon kan voortbeweeg met 'n snelheid van ongeveer 40 km/h, maar die vernietigende winde waai met snelhede wat wissel tussen 150 en 200 km/h, terwyl windstote van tot 300 km/h nie ongewoon is nie.
 
=== Oog ===