Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie: Verskil tussen weergawes

proeflees
(→‎Bronne: Skakel)
(proeflees)
| land = {{vlagland|Suid-Afrika}}
| taal = [[Tale in Suid-Afrika]]
| uitsaaiarea = Suid-Afrika; Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Zimbabwe, SwazilandEswatini
| hoofkantoor = [[JohannesburgAucklandpark]], [[GautengJohannesburg]]
| vorige naam =
| vervang =
Net soos in die Goudstad het ook in [[Kaapstad]] (op 15 September 1924 die eerste radiostasies onder die beheer van die ''Cape and Peninsula Broadcasting Association'') en [[Durban]] (10 Desember 1924) tot stand gekom. Die stasies is uitsluitlik deur lisensiegelde gefinansieer wat weens die klein aantal luisteraars egter nie die koste kon dek nie. Op 1 April 1927 het die Schlesinger-organisasie (sien [[I.W. Schlesinger]]) al drie stasies met die goedkeuring van die Suid-Afrikaanse regering oorgeneem en hulle in die land se eerste uitsaaikorporasie, die ''African Broadcasting Corporation'', saamgesmelt. Die Schlesinger-organisasie het die eksklusiewe reg gekry om radioprogramme in Suid-Afrika uit te saai, maar kon in finansiële opsig nog steeds nie die mas opkom nie.
 
Die Suid-Afrikaanse regering het onder die leiding van die Eerste Minister, Generaalgeneraal [[James Barry MunnikJ.B.M. Hertzog]], 'n ondersoek oor die toekoms van die uitsaaiwese in die land ingestel en besluit om die SAUK te stig. In sy eerste bestaansjaar het die SAUK hom op die uitsaai van Engelse programme beperk, tog het die regering daarop aangedring dat programme vanaf 1937 ook in [[Afrikaans]] uitgesaai moes word. Die uitsaaidienste in die twee landstale het as Radio South Africa en Radio Suid-Afrika bekend gestaan.
 
Met die begin van die SAUK se uitsaaidiens het die nuwe medium danksy die eerste hoogtepunt, die uitsending van die eeufees van die [[Groot Trek]] met die simboliese Ossewatrek vanuit Kaapstad na die binneland, in 1938 ook by Afrikaanse luisteraars baie gewild geraak. Afrikaans is vinnig as radiotaal gevestig, en die taal, wat deur die SAUK se omroepers gebruik is, het 'n soort Standaardafrikaans vir baie luisteraars geword.
Die kanale TV 2 en TV 3 het hulle eerste programme op 1 Januarie 1982 gebeeldsaai. TV 2 het as Nguni-kanaal programme in [[Zoeloe]] en [[Xhosa]] en TV 3 as Sotho-kanaal programme in Noord- en Suid-Sotho en [[Tswana]] aangebied. Binne 'n dekade ná sy stigting het die Suid-Afrikaanse televisie die meeste toeskouers van alle uitsaaikorporasies in Afrika gehad.
 
Die SAUK se eerste FM-stereoprogram, [[Five FM]], is sedert 1986 eerstens uit 'n antenna op die dak van die SAUK-gebou geleë, en later vanaf die [[Sentech-toring]] uitgesaai. Five FM is ook die eerste stasie wat in [[1988]] landwyd in stereo-FM aangebied is.
 
== Vroeë geskiedenis ==
In die laat [[19de eeu|19e eeu]], toe [[Marconi]] se uitvinding, die radio, nog in die beginstadium van sy ontwikkeling was, het 'n werknemer by die Port Elizabethse telefoonsentrale, [[Edward Alfred Jennings]], die eerste radio-ontvangstoestel in Suid-Afrika gebou. In [[1899]] het dr. (later sir) John Beattie 'n demonstrasie van draadloostelegrafie (radiotelegrafie) in 'n tent op die Parade in Kaapstad gegee, deur boodskappe oor ʼn afstand van 122 m te versend.
 
Hoewel telegraaflyne die vernaamste verbindingsmiddel van die Boere- sowel as die Britse magte in die [[Anglo-Boereoorlog]] was, het albei kante ook Duitse draadloosstelle gebruik. Radiolisensies is in [[1902]] ingestel. Radio was vroeg reeds 'n onontbeerlike deel van Suid-Afrikaanse seevaartskeepsvaart, en [[Durban]] en Johannesburg was teen [[1914]] per radio met mekaar verbind. Toe die [[Eerste Wêreldoorlog]] in [[1914]] uitbreek, het die Suid-Afrikaanse regering op alle radiotoestelle beslag gelê.
 
Na die oorlog is amateurstasies in [[Kaapstad]] en [[Johannesburg]] gestig en het die radio - die woord radio is sedert ongeveer die tyd al hoe meer gebruik in plaas van draadloos gewilder geword. Daar was selfs ʼn paar onafhanklike radiostasies wat musiekprogramme uitgesaai het. [[Suid-Afrika]] se eerste landwyelandswye Saterdagaandmusiek is op [[29 Desember]] [[1923]] uit Rissikstraat in [[Johannesburg]] uitgesaai onder beheer van die destydse administrasie van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens.
 
Dit was eintlik 'n slim reklameset deur die Western Electric Company, wat ʼn'n kragtige sender gratis aan hul vernaamste kliënt, die SAS en H, beskikbaar gestel het. Daarna is drie onafhanklike stasies gestig, wat uit Durban, Kaapstad en Johannesburg uitgesaai het. Eienaars van radiostelle moes lisensiegeld aan die stasies betaal. Wanbetaling van lisensie- geldelisensiegelde, swak beheer en roofstasies het die "amptelike" stasies byna bank rotbankrot laat speel, maar die Schlesinger-korporasie het in [[1927]] tot die redding van die jong radiobedryf gekom.
 
'n Tienjaarkonsessie is aan die korporasie toegestaan om die ''African Broadcasting Corporation'' as 'n diensorganisasie te bedryf. Luiste raarsLuisteraars moes 2 pond per jaar aan die korporasie en 5 sjielings aan die Departement van PosenPos- en Telegraafwese betaal. Die radiobedryf het nogtans steeds geldelike probleme ondervind en nog voordat die Schlesinger-organisasie se konsessie verstryk het, het die destydse eerste minister, genl. [[J.B.M. Hertzog]], beveel dat die hele saak ondersoek word. Hiervoor is sir [[John Reith]] van die British Broadcasting Corporation as raadgewer aangestel. Daarna is die Suid- Afrikaanse Uitsaai korporasieUitsaaikorporasie (SAUK) ingevolge Wet 22 van [[1936]] gestig.
 
== Politieke verandering ==
Onder staatspresident [[Frederik WillemF.W. de Klerk]] is 'n einde aan die strenge sensuurmaatreëls van die verlede gemaak, en die SAUK het begin om 'n meer objektiewe nuusdekking aan te bied.{{feit|Nooit! Dit was nog nooit so eenogig nie.}}
 
In 1996, byna drie jaar ná die regeringsoorname vandeur die [[African National Congress|ANC]], het die SAUK sy drie televisiekanale begin herorganiseer om die verskillendeinheemse taalgroepe van die land te akkommodeer. In wese het die herorganisasie tot die afskaling van die Afrikaanse televisieprogramtelevisieprogramme gelei.
 
Die belangrikste Afrikaanse radiodiens, wat sedert 1995 onder die naam [[Radio Sonder Grense]] (RSG) bekend staan, is egter steeds baie gewild by Afrikaanse luisteraars.
 
== Sien ook ==
110 753

wysigings