Boegoebergdam: Verskil tussen weergawes

4 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
(→‎Geskiedenis: Tikfout reggestel)
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
 
Die dam is in 1933 voltooi en in die jaar daarop is eerste water gelei na die 121 km lange kanaal wat 6 600 ha verdeel in hoewes van 5 ha elk, van water voorsien het. Op elke stukkie grond is ’n kliphuisie gebou. Die oopstelling van die kanaal was ’n feestelike geleentheid met toesprake, gebede, ’n vleisbraaiery en al die teenwoordiges is gevra om ’n klip te kry en dit op ’n stapel neer te sit wat die materiaal sou voorsien vir ’n gedenkteken ter gedagtenis aan die werkers aan die projek. Vir eers is dié voorneme nie uitgevoer nie.
 
Eers in 1938, met die [[Simboliese Ossewatrek]] wat [[Pretoria]] sou bereik op [[16 Desember]] vir die hoeksteenlegging van die [[Voortrekkermonument]], is besluit om voort te gaan met die bou van die Boegoebergdam-gedenkteken en wel met die oorspronklike klippe. Dié monument se doel was tweeledig: om die bou van die dam te gedenk asook die ossewatrek.
 
[[Groblershoop]] is in 1936 gestig op die perseel van die oorspronklike Sternham en genoem na min. [[P.G.W. Grobler]], minister van lande in die [[Barry Hertzog|Hertzog]]-kabinet van 1924 tot 1933. Die Boegoebergdam is 34k m wes van Groblershoop geleë. Die dam is later ontwikkel in 'n aansienlike onspanningsentrum met geleenthede vir swem, watersport en hengel. 'n Woonwapark is ook aangelê.
4 595

wysigings