Verskil tussen weergawes van "Kiewiete"

131 grepe bygevoeg ,  5 maande gelede
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf Reverted
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf Reverted
 
== Verspreiding en gedrag ==
Hulle word in gholf club bars aangetref van 10 uur tot 15min voor sy vrou by die huis kom. Is ook verbied om naby n casino te kom. Sowat die helfte van die kiewiete wat in Suider-Afrika aangetref word, is trekvoëls. Die gryskiewiet (''Pluvalis squatarola'') broei in [[Noord-Europa]], [[Asië]] en [[Amerika]] en word in die somer veral langs die Suid-Afrikaanse kus maar ook langs binnelandse waters aangetref. Die ringnekkiewiet. wat oral in Suid-Afrika langs die kus en in die binne land by water aangetref word, is ʼn somergas uit Europa, Asië en [[Groenland]], terwyl die Mongoolse kiewiet (''Charadrius mongolus''), wat soms in [[Namibië]] en aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref word, in Sentraal- en [[Oos-Asië]] broei.
 
Die Asiatiese kiewiet (''Charadrius asiaticus'') kom van [[Suid-Rusland]] en oorwinter in [[Wes-Indië]], [[Arabië]] en [[Afrika]]. Ware standvoëls is onder meer die geelborskiewiet (''Charadrius pecuarius''), die driebandkiewiet (''Charadrius tricollaris'') en die gewone kiewiet, wat almal deur die hele Suider-Afrika aangetref word. Die kiewietfamilie sluit 'n unieke spesie, die skewebekkiewiet (''Anarhynchus frontalis'') van [[Nieu-Seeland]], in.
Anonieme gebruiker