Verskil tussen weergawes van "Graaff-Reinet"

1 greep verwyder ,  8 maande gelede
k
(+hoogte 756 m (ceb:wp))
k (→‎Wetenskaplikes: taal timmer)
* [[Andrew Geddes Bain]] (1797 – 20 October 1864), geoloog, padbouer, paleontoloog en ontdekkingsreisiger. Woon van1822 tot 1835 en werk as saalmaker in Graaff-Reinet. Help met die konstruksie van die Oubergpas en hou toesig oor die konstruksie van die [[Van Ryneveldpas]]. Bouer van agt bergpasse, insluitende [[Michellspas]] en [[Bainskloofpas]].
* [[Thomas Bain|Thomas Charles John Bain]] (29 September 1830–1893) was nog beter bekend as padbouer as sy vader. Bou 24 bergpasse, waaronder die [[Robinsonpas|Robinson-]], [[Tradouwpas|Tradouw-]], en [[Swartbergpas]]se, en Kogmanskloofpad. Gebore in Graaff-Reinet as die tweede seun en sewende kind van Andrew Geddes Bain.
* Prof [[James Leonard Brierley Smith]] (26 Oktober 1897 – 7 Januarie 1968) bekende [[igtioloog]] (viskundige) wasis in Graaff-Reinet gebore. Hy was die eerste persoon wat in 1938 die [[selakant]] geïdentifiseer het, wat tot toe as uitgestorwe beskou was. Later professor in igtiologie aan [[Rhodes-universiteit]].
* Dr [[Sidney Henry Southey Rubidge]] (31 Mei 1887–1970) Boer van 'Wellwood' plaas in die distrik; sy stokperdjie om fossiele te versamel het vir hom wêreldbekendheid op die gebied van paleontologie gebring. Sy versameling van fossiele word gehuisves in ’n fossielmuseum op 'Wellwood". Stigterslid van die Merino Ramtelersvereniging van SA, tans bekend as die Nasionale Wolkwekersvereniging van SA.
* [[Johannes Jacobus Brummer]] (Joe) is gebore in Graaff-Reinet op 2 September 1921. Ekonomiese geoloog verantwoordelik vir die ontdekking van koper in [[Zambië]], [[nikkel]], [[koper]], en sinkneerslae in [[Manitoba]], asook [[sink]] en [[uraan]]neerslae in [[Saskatchewan]], [[Kanada]]. Ontvanger van die Barlow Goue Medalje (CIM) in 1978 en in 1984 het die Geologiese Genootskap van Kanada (GAC) hom die Duncan R. Derry medalje vir sy bydrae tot ekonomiese geologie toegeken.
10 744

wysigings