Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Kuruman"

(Nuwe bladsy geskep met 'Die '''NG gemeente Kuruman''' is 'n meer as eeu oue gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die provinsie Noord-Kaap en in die Noord-Kaaplandse Sinode....')
 
 
== Stigting ==
In 1913 is die eerste pastorie te Kuruman, die hoofdorp en “de zetel van de Magistraat”, gebou. Die predikant het van toe af op [[Kuruman]] gewoon. Op [[25 Julie]] [[1914]] is die eerste kerkgebou te Kuruman opgerig (tender van £1,275 is aanvaar) en in Maart 1915 is een te Olifantshoek ingewy. Die hoeksteen van die kerk op Kuruman is op [[11 April]] [[1914]] gelê. Dié gebou is later aan die [[Nederduitsch Hervormde Kerk invan Afrika|Hervormde Kerk]] verkoop en word vandag nog gebruik.
 
Op ’n kerkraadsvergadering van 27 Julie 1914 is besluit om stappe te doen om die gemeente in drie op te deel. Die ringskommissie van Dutoitspan vergader op 3 Maart 1916 (die gemeente se stigtingsdatum) te Kuruman en op 7 Maart 1916 te Olifantshoek om twee nuwe gemeentes op vermelde plekke te stig. Op 6 Mei 1916 word prop. D.J.S. Malan as eerste leraar van die gemeente beroep. Op finansiële gebied het dit moeilik gegaan, met die afstigting was die skuld op die geboue van die kerk meer as £4,000. Tydens die bediening van ds. Malan is die grond en geboue van die ou opleidingskool van die [[Londense Sendinggenootskap]] gekoop. Dit is vir £800 van die dorpsraad aangekoop.
85 897

wysigings