Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Kuruman"

Geen grootteverandering nie ,  1 jaar gelede
Op ’n kerkraadsvergadering van 27 Julie 1914 is besluit om stappe te doen om die gemeente in drie op te deel. Die ringskommissie van Dutoitspan vergader op 3 Maart 1916 (die gemeente se stigtingsdatum) te Kuruman en op 7 Maart 1916 te Olifantshoek om twee nuwe gemeentes op vermelde plekke te stig. Op 6 Mei 1916 word prop. D.J.S. Malan as eerste leraar van die gemeente beroep. Op finansiële gebied het dit moeilik gegaan, met die afstigting was die skuld op die geboue van die kerk meer as £4,000. Tydens die bediening van ds. Malan is die grond en geboue van die ou opleidingskool van die [[Londense Sendinggenootskap]] gekoop. Dit is vir £800 van die dorpsraad aangekoop.
 
Ds. Malan is deur ds. P. de W. Eksteen opgevolg en hy word op 28 April 1923 bevestig. Weens die depressie )(1929–1933) het die gemeente finansieel baie swaargekry. Met ds. Eksteen se aankoms was die oortrokke rekening van die gemeente meer as £700.
 
’n Groot ramp het die gemeente in Mei 1924 getref. Ds. A.D. Luckhoff beskryf dit as volg: “Op die afgeleë dorpie Kuruman, Brits-Betsjoeanaland het daar op Woensdagmiddag ’n vreeslike ramp plaasgevind, waarby vyf persone gedood en omtrent dertig gewond is. Die ongeluk het gebeur deur ’n bom wat van ’n vliegmasjien losgeruk het en tussen ’n klomp mense geval en gebars het. Dit was ’n groot wapenskou op Kuruman en mense het van heinde en ver uit alle dele opgekom om die fees by te woon. Die vorige dag was die inwyding van die nuwe Moffat-Instituut. Die gemeente is in die diepste smart en droefenis gedompel; en die hele land treur saam met hul”.
85 897

wysigings