Verskil tussen weergawes van "Seepunt"

Geen grootteverandering nie ,  1 maand gelede
Skepe: eerder antiklopmiddel as "anti-pingelmiddel"
(Skepe: eerder antiklopmiddel as "anti-pingelmiddel")
 
Sy rondekerk, St John's, wat in [[1878]] ingewy is, het sy sinkretistiese benadering tot godsdiens weerspieël. Gemeentes van vier verskillende godsdienste is in die gebou gehuisves, wat in die volksmond as "Solomon se tempel" bekend gestaan het. Die kerk is volgens 'n besluit van die stadsraad in die 1930's afgebreek.
 
Skepe, wat [[Tafelbaai]] vanuit die ooskus van Afrika binnegevaar het, moet langs die kus by Seepunt maneuvreer. Baie skepe ishet deurop die plaaslike riwwerotsriwwe gestrand. In Mei 1954 het die ''Basuto Coast'', 'n skip van 246 ton, net enkele meter voor die betonmuur van Seepunt se promenade op rotse geloop.
 
In Julie 1966 het 'n groot vragskip, die ''S.A. Seafarer'', enkele honderd meter voor [[Drieankerbaai]] se strand op rotse geloop. Die skip se gevaarlike vrag van vate met tetrametiel-lood en tetraetiel-lood, vlugtige en uiters giftige verbindings wat destyds as anti-pingelmiddelklopmiddel by [[petrol]] gemeng is, het 'n groot bedreiging vir die plaaslike ekosisteem ingehou. Die skip is gaandeweg deur sterk Atlantiese branders vernietig.
 
Vanaf die middel- tot die laat-1990's was [[misdaad]] in Seepunt aan die toeneem nadat dwelmhandelaars en prostitute hulle hier gevestig het. Die bestryding van misdaad is deur die stadsraadslid vir veiligheid, Jean-Pierre Smith, suksesvol georganiseer.
95 493

wysigings