Verskil tussen weergawes van "The Friend"

7 grepe bygevoeg ,  3 maande gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
'''''The Friend''''' was 'n [[Engels]]talige oggendblad wat deur die Argus Printing and Publishing Company (tans [[Independent News & Media]]) in [[Bloemfontein]] uitgegee is tot die koerant se sluiting tydens die ekonomiese insinking in [[Suid-Afrika]] in die middel jare tagtig. Van toe af was ''Die Volksblad'', nou ''[[Volksblad]]'', die enigste dagblad in die [[Vrystaat]], hoewel al [[Gauteng]] se dagblaaie wyd in die provinsie versprei word. In 2020 is die gedrukte weergawe van ''Volksblad'' gestaak.
 
Dit is inop [[10 Junie]] [[1850]] van stapel laat loop as ''The Friend of the Sovereignty and Bloemfontein Gazette'' en het die eerste keer in [[1896]] as dagblad verskyn. Die koerant het publikasie gestaak van [[1900]] tot [[1902]] tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog]]. Vroeg in 1900 is dit bedryf deur 'n groep oorlogskorrespondente, onder wie [[Rudyard Kipling]].
 
''[[De Tijd]]'' is in 1862 opgerig as teenvoeter vir ''The Friend'' se Britsgesinde ingesteldheid en was die eerste Nederlandse koerant in die [[Oranje-Vrystaat]]. Dit het tot 1875 bestaan.
85 759

wysigings