Verskil tussen weergawes van "Sjanghai"

36 grepe bygevoeg ,  2 maande gelede
k
(taalverbetering)
k (→‎Geskiedenis: skakel)
 
'n Stadsmuur is in 1553 gebou, wat algemeen gesien word as die begin van die stad Sjanghai. Tydens die eerste [[Opiumoorlog]] in die vroeë [[19de eeu]] het Engelse troepe Sjanghai oorgeneem. Toe die oorlog in 1842 met die Verdrag van Nanking geëindig het, is sommige hawestede oopgemaak vir internasionale handel, insluitend die hawe van Sjanghai.
 
In 1850 het die Taiping-opstand begin en in 1853 was Sjanghai beset deur 'n [[Triade (georganiseerde misdaad)|triade]] van rebelle wat hulself die Klein Swaard-genootskap genoem het. Die baie gevegte het die plattelandse gebiede rondom die stad vernietig, maar die buitelandse nedersettings is nie aangeval nie. Baie Chinese, vir wie dit voorheen verbode was om buitelandse nedersettings te betree, het hierheen gevlug. In 1854 is nuwe regulasies uitgereik wat meer grond aan die Chinese inwoners beskikbaar gestel het. In dieselfde jaar is ook die eerste jaarlikse vergadering van die stadsraad van Sjanghai gehou om buitelandse nedersettings te bestuur. In 1863 het die Britse en Amerikaanse nedersettings saamgesmelt in die Internasionale Konsessie. Tussen 1850 en 1900 het die bevolking van die stad gegroei van ongeveer 250 000 tot ongeveer 650 000.
 
Die Eerste Sino-Japannese Oorlog (1894-1895) vir mag in [[Korea]] is beëindig met die Verdrag van Shimonoseki. In hierdie verdrag was China genoodsaak om Korea se onafhanklikheid te erken en sekere gebiede (insluitende [[Taiwan]]) aan [[Japan]] af te staan. Dit het ook die opkoms van Japan as 'n bykomende buitelandse mag in Sjanghai beteken. Japan het die eerste fabrieke in Sjanghai gebou en hierdie voorbeeld is vinnig gevolg deur die ander buitelandse magte wat teenwoordig was. Dit was die begin van die industrialisering van Sjanghai.
20 097

wysigings