Verskil tussen weergawes van "Windpomp"

246 grepe bygevoeg ,  2 maande gelede
Rescuing 1 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8
(Verbeter)
Etiket: Manual revert
(Rescuing 1 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8)
 
Die eerste windpompe was van [[hout]], primitief en sonder enige ratte. Selfs die wiele en lemme (skeppers) was van hout. Die lemme was so reguit dat die windpomp slegs met 'n sterk wind aan die gang kon kom. Die wiele was ook baie groot en het maklik omgewaai. Omdat dit duur was om op te rig, het baie boere hulle eie konstruksies aanmekaar getimmer.
 
Die eerste windpomp in Suid-Afrika was sover bekend 'n ''Halladay Standard''. Dié houtpomp is glo deur 'n boer van [[Hopetown]], 'n mnr. Du Toit, op sy plaas opgerig. 'n Skets van 'n ''Halladay Standard'' op 'n volstruisplaas, gedateer 1884, is een van die vroegste illustrasies van windpompe wat in die land bestaan.<ref>[http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2004/10/05/BB/03/01.html Anderster alternatief vir reisigers]{{Dooie skakel|date=Augustus 2021 |bot=InternetArchiveBot |fix-attempted=yes }}, [[Die Burger]], 5 Oktober 2004</ref>
 
In 1888 het die Aeromotormaatskappy in die [[VSA]] windpompe met [[staal]]wiele begin maak. In 1893 is dié soort windpompe na Suid-Afrika ingevoer. Hulle het gebuigde lemme gehad wat meer krag kon ontwikkel. Die windpompe het tussen R50 en R300 gekos en kon water 30 tot 90 meter hoog lig en daagliks tot 177&nbsp;m<sup>3</sup> water lewer.<ref>Wêreldspektrum Ensiklopedie, volume 18, p. 204</ref>
Windpompe word van 'n remstelsel voorsien, wat die rotor outomaties rem as die wind te sterk begin waai. As die wiel te vinnig waai, soos met storms, kan dit die windpomp totaal verwoes.
 
Remme kan ook geïnstalleer word om die windpomp outomaties te rem wanneer die dam vol is. Skaars water word dus nie gemors nie en die grond om die dam sal ook nie brak word nie. Boere hoef ook nie so gereeld na hul windpompe te ry om dit los of vas te maak nie. Die stelsel word meestal met 'n houtblok wat op die dam dryf geïmplementeer. Soos die watervlak styg sal dit die remkabel stywer trek.<ref>[http://m24lbarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2000/08/18/42/1.html Nuwe windpompbriek spaar water en tyd ] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20151017035532/http://m24lbarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2000/08/18/42/1.html |date=17 Oktober 2015 }}, [[Landbou Weekblad]], 18 Augustus 2000</ref>
 
== Verwysings ==
15 535

wysigings