Verskil tussen weergawes van "Bethanie"

79 grepe bygevoeg ,  9 maande gelede
Rescuing 0 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8
(Rescuing 0 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8)
 
Eerw. [[Hermann Kreft]] was die plaaslike Rynse sendeling vanaf Mei 1853. Hy het deur sy besliste optrede teen die Namakaptein David Christiaan soveel vertroue ingeboesem dat hy in die loop van 1856 as sendeling georden is. Met die inwyding van 'n nuwe kerk hier op [[26 Junie]] [[1859]] het dit gelyk asof sy harde werk met sukses bekroon is. Ongelukkig raak Christiaan aan drank verslaaf en baie volg sy voorbeeld na. Die werk is verder belemmer deur die oorloë tussen die Nama en die Herero, die swaar droogtes en 'n sprinkaanplaag. Die inwoners van Bethanie en omgewing moes dikwels met hul vee trek. 'n Gedeelte van die gemeente was ook ontevrede met Christiaan en trek noordwaarts na Grootfontein in die distrik [[Maltahöhe]]. Kreft gaan om hulle oor te haal om terug te keer, maar word ernstig siek en sterf.
 
Later is nog meer kerkgeboue rondom die ''Schmelenhaus'' opgerig waarvan die twee oudstes en in argitektoniese opsig merkwaardigstes deur Evangelies-Lutherse gemeentes gebruik word. Meestal dien [[Afrikaans]] as preektaal. Die Nama-gemeente staan bekend vir sy indrukwekkende kerkgesang. Die plaaslike NG gemeente het in 1938 van Keetmanshoop afgestig en word tans in kombinasie met Maltahöhe bedien.<ref>[http://www.ngkerk.org.za/namibie/gemeentes_body.asp?gemeente_id=5 ''ngkerk.org.za – Namibië: Gemeentes / Bethanie'']{{Dooie skakel|date=Augustus 2021 |bot=InternetArchiveBot |fix-attempted=yes }}</ref>
 
Die huis van Namahoof Josef Frederiks staan bekend as die plek waar Heinrich Vogelsang op [[1 Mei]] [[1883]] in opdrag van die [[Bremen (stad)|Bremense]] koopman [[Adolf Lüderitz]] grond gekoop het – Angra Pequeña en sy onmiddellike omgewing, die bakermat van die latere hawedorp [[Lüderitz]] asook die Duitse kolonie [[Duits-Suidwes-Afrika|Suidwes-Afrika]].
19 507

wysigings